Hoërskool Centurion

BUSROETES

Mnr. J. Prinsloo Johanp@hscenturion.co.za

Die busvervoerskema word privaat deur die skool bedryf. Die bestuurders op elke roete is onderwysers van die skool wat oor openbare vervoerpermitte en die toepaslike lisensies beskik.

Koste: Kaartjies beloop per 20 ritte: R500

Kaartjies beloop per 40 ritte: R1000

Let wel: Die kaartjie verval nie en u kind gebruik die ritte soos nodig.

  • Roetes deur Elarduspark en Monumentpark (oggend en middag)
  • Roete deur Hennopspark, Wierdapark, Rooihuiskraal, Eldoraigne en Valhalla (oggend en middag)
  • Roete na Pierre van Ryneveld (middae)
  • Roete na Midstream en Highveld (oggend)

Die roetes word deur behoefte bepaal en sal dus eers volgende jaar gefinaliseer word. Daar word altyd gepoog om leerders so na as moontlik aan hulle ouerhuise af te laai. Alle navrae word deur mnr. Johan Prinsloo hanteer. Buskaartjies is by me. Annie Herbst in die finansieskantoor beskikbaar.