Hoërskool Centurion, Highschool Centurion

‘n Miljoen vir ‘n miljoen

 
Ons is bevoorreg, ons gemeenskap het ‘n hart vir opvoeding en opleiding. 

Hulle besef hoe belangrik die volgende geslag is en dat kwaliteitonderrig ononderhandelbaar is.
 
Hulle weet dat ons hande moet vat en self oplossings moet vind, ons kan nie vir die regering wag nie. Ons gemeenskap wil saamstaan en die staat wys wat ons kan vermag!

 

Ons nooi elkeen uit om saam met ons deur middel van ons gemeenskapsfonds te bou.

 

Indien u graag betrokke wil raak u welkom om me. N. Pretorius by n.pretorius@hscenturion.co.za te kontak om vir u meer inligting te gee

HOE KAN U HELP?

BORG 'N WOERIE-PROJEK

Ons Borg ‘n Woerie-projek is ‘n deurlopende fondsinsamelingsprojek waardeur ons van lede van ons gemeenskap vra om ‘n leerder, wie se ouers/voogde nie skoolfonds kan bekostig nie, te borg.

 

Hierdie fondse word dan aangewend om die leerder se skoolgeld te dek.

BORG - EN BOU-PROJEK

Skoolgeboue en fasiliteite is die leeromgewing waarin leerders en onderwysers hulle bevind en die toestand van hierdie omgewing is belangrik vir produktiwiteit, gemak, veiligheid, onderrig en leer.

 

Ons het verskeie probleemareas in ons skool geïdentifiseer wat weens ‘n gebrek aan fondse nie aangespreek kan word nie.

 

 Met ons Borg- en Bou-inisiatief doen ons ‘n beroep op individue en maatskappye om te help om hierdie probleemareas aan te pak.

 

Fondse/borge vir hierdie inisiatief sal aangewend word om geïdentifiseerde geboue, terreine of fasiliteite te verbeter en/of te beveilig.

BORG 'N BEURS-PROJEK

Met hierdie inisiatief doen ons ‘n beroep op ons gemeenskap, individue en maatskappye om diegene wat op laerskool uitblink, die geleentheid te bied om hulle hoërskoolloopbaan by Hoërskool Centurion voort te sit.

 

 Sodoende kan leerders met uitstaande akademiese, sport- en kultuurprestasies, maar ‘n finansiële behoefte, ondersteun word en deel vorm van die Woerie-familie waar holisties na ons leerders se ontwikkeling omgesien word.

WOERIE-DONASIEPROJEK

Hier het u ‘n keuse tussen ‘n eenmalige bedrag, of ‘n herhalende betaling. U kry ook ‘n belastingvoordeel indien u ‘n donasie in die Alumni Stigting van Hoërskool Centurion se rekening inbetaal.

 

U kan ook ‘n donasie op SnapScan maak en u het ‘n keuse tussen ‘n eenmalige  bedrag, of ‘n herhalende betaling. 

 

Elke bietjie help.

Alumni Stigting vir die Hoërskool Centurion

Standard Bank Rekeningnommer: 013 455 427  Takkode: 012 345

Art.18A-sertifikaat kan aangevra word.

VOORDELE OM BETROKKE TE RAAK?

  • Belastingvoordeel – ingevolge Art.18A van die inkomstebelastingwet kan u u belasbare inkomste verminder, indien u ‘n donasie in die Alumni Stigting van Hoërskool Centurion se rekening inbetaal.
  • Finansiële ondersteuning- u bydrae kan vir kinders ‘n goeie opvoeding verseker en dus bydra tot ‘n volhoubare en langtermynbeplanning om ‘n beter toekoms vir hulle te bou.
  • Sosio-emosionele ontwikkeling – Hoërskool Centurion se personeellede, mentors, afrigters en onderwysers belê persoonlik in elke leerder se lewe; dus brei die sirkel van sorgsame volwassenes wat aktief aan die lewe van ‘n kind deelneem, uit.
  • Help om die voortbestaan van Afrikaanse skole te verseker.
  • Bewerkstellig positiewe verandering en gemeenskapsbetrokkenheid.

Alumni Stigting vir die Hoërskool Centurion

Standard Bank Rekeningnommer: 013 455 427  Takkode: 012 345

Art.18A-sertifikaat kan aangevra word.

HOE KOPPEL DIE PROJEK AAN HOËRSKOOL CENTURION SE VISIE EN MISSIE?

  • As publieke skool streef Hoërskool Centurion daarna om uitnemende onderrig en fasiliteite aan elke leerder te bied.
  • Ons streef ons om leerders so te ontwikkel dat hulle vir niks hoef terug te staan nie en vir leerders geleenthede te bied wat hulle nie normaalweg sou kry nie.
  • Ons streef daarna om ‘n hoëprofiel – en emosioneel intelligente leerder in die samelewing en gemeenskap in te stuur deur onder andere leerder ontwikkelingsprogramme.
  • Hoërskool Centurion streef daarna om ons personeel optimaal te ontwikkel deur onder andere personeel gesondheids- en vaardigheidsontwikkelingsprogramme. Wanneer personeel gelukkig en gemotiveerd in hulle werksplek is, bevoordeel dit die leerders.

Alumni Stigting vir die Hoërskool Centurion

Standard Bank Rekeningnommer: 013 455 427  Takkode: 012 345

Art.18A-sertifikaat kan aangevra word.

Ware Woerie Ouers

Die Ware Woerie-ouers bestaan uit ‘n ouergemeenskap wat ‘n verskil by Hoërskool Centurion wil maak. Die hoof doelstellings van die inisiatief is om gees onder die ouers te bou, verbeteringe by en om die skool aan te bring asook fondsinsamelings te dryf.

 

Indien u meer inligting rondom die Ware Woerie-ouers wil bekom, is u meer as welkom om vir me. A. van Niekerk te kontak by wwo@hscenturion.co.za

 

mssd

Ware Woeries is gekoppel aan Schooldays en MySchool

MYSCHOOL

HOE WERK MYSCHOOL?

U kan help om addisionele fondse vir ons skool in te samel. Die beste nuus … dit kos u nie ‘n sent nie!

Gebruik u MySchool-kaart by MySchool-besigheidsvennote.

 

Die vennote betaal ‘n persentasie van u aankope aan die skool.

 

Hoërskool Centurion

 

STAP 1: DOEN AANSOEK

OPSIE 1 VIRTUELE KAART:
Laai die toep af (sien hieronder).

 

OPSIE 2 FISIESE KAART:
Aanlyn by: myschool.co.za

OF

by enige Woolworths

OF

stuur ‘n “sign up” per SMS na 31231

STAP 2: KIES EN KOOP

Kies Hoërskool Centurion as u
begunstigde.

 

Gebruik u MySchool-kaart by MySchool-besigheidsvennote.

 

Die vennote betaal ‘n persentasie van u aankope aan die skool.

MYSCHOOL-VENNOTE

Hoërskool Centurion, Highschool Centurion

SCHOOL-DAYS

HOE WERK SCHOOL-DAYS?

School-days is ‘n platform waar elke individu Hoërskool Centurion kan ondersteun deur inkopies by Dis-Chem, NetFlorist en nog vele meer te doen, sowel as wanneer u by Shell-vulstasies brandstof ingooi met u digitale Shell T-kaart (u sal dit op die School-Days-toep vind).

 

U sal ook voordeel trek uit eksklusiewe aanbiedings en afslae.

Hoërskool Centurion

STAP 1: SLUIT AAN

1. Besoek www.schooldays.co.za en kliek op die JOIN TODAY-knoppie.
2. Kies Hoërskool Centurion as begunstigde.

 

OF


1. Laai die School-Days-toep vanaf Google Play of die App Store af en kyk hoe maklik dit is.
2. Registreer direk op die toep.
3. Kies Hoërskool Centurion as u begunstigde

STAP 2: DOEN INKOPIES

Jou Dischem-lojaliteitskaart word outomaties aan School-days gekoppel wanneer jy met jou besonderhede registreer. Vir elke aankope by Dischem verdien ons ETP’s vir die skool.


School-days is ook in vennootskap met Shell Fuel – jy het ‘n digitale Shellbrandstofkaart wat in die toep ingebou is.


Ouers verdien 15c per liter petrol en 20c per liter diesel vir die skool. Al wat u moet doen, is om u digitale Shell T-kaart aan die petroljoggie te wys, of die 16-syfer-nommer vir hom/haar te lees om sodoende ekstra geld in te same!.

SCHOOL-DAYS-VENNOTE

Hoërskool Centurion, Highschool Centurion

Saam kan ons ‘n groot verskil vir die skool maak. Dankie vir u samewerking!
Vir enige verdere navrae rondom die inisiatiewe is u welkom om vir me. N. Pretorius te kontak by n.pretorius@hscenturion.co.za

U beskikbaarheid, betrokkenheid en ondersteuning ten bate van die groter gemeenskap maak van u ʼn belangrike rolspeler in hierdie proses.

Hoerskool Centurion icon
Fondsinsameling
Hoerskool Centurion icon
WWO
My School
Myschool & Schooldays
Hoerskool Centurion icon
Woerie-omgee
Hoërskool Centurion, Highschool Centurion
Bloedskenk
Hoerskool Centurion icon
ALUMNI

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

 

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

 

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.