Hoërskool Centurion

BLOEDSKENK

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) en die Woeries stap al ‘n lang pad saam.  Ons is al die laaste dekade besig om saam met die SANBS die gemeenskap te dien.  Die skool bied kwartaalliks aan die  SANBS die geleentheid om by ons te kom tent opslaan en bloed te tap. Dit is die Woeries se doel om elke jaar ten minste 250 eenhede bloed te skenk wat dan tot 750 lewens kan red.

Ons maak ook op bloedskenkdae die skool oop vir die publiek, ouers en vriende van die leerders om almal die geleentheid te bied om hulle deel te doen. Skenkers moet minstens 50kg weeg en 16 jaar of ouer wees.

Dit is vir die Woeries belangrik om die gemeenskap te dien waar ons kan. Op hierdie manier kan ons die groter gemeenskap en die Departement van Gesondheid ondersteun en ‘n verskil maak soos net die Woeries kan.

Organiseerder:
Mnr. J. Nagel
juan@hscenturion.co.za