Hoërskool Centurion

MAKRO & MYSCHOOL

Ons wil graag die Woerie-gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by die Makro en MySchool inisiatiewe om sodoende ons skool te help om ‘n addisionele inkomste vir  te genereer. Die inisiatiewe is beskikbaar vir die hele gemeenskap. 

Enige iemand kan die MySchool “App” en die Makro “App” aflaai en Hoërskool Centurion as ‘n begunstigde laai. Ons deel ook graag die goeie nuus dat MySchool en Makro nou die opsie bied om beide kaarte digitaal te bekom.

Saam kan ons ‘n groot verskil aan die skool maak, dankie vir u samewerking! 

Vir enige verdere navrae rondom die inisiatiewe is u welkom om vir me. K. Roux te kontak by bemarking@hscenturion.co.z