Hoërskool Centurion

FONDSINSAMELINGS
& LIEFDADIGHEID

U beskikbaarheid, betrokkenheid en ondersteuning ten bate van die groter gemeenskap maak van u  ʼn belangrike rolspeler in hierdie proses. 

Die skool neem dus die vrymoedigheid om ons DROOM vir die ontwikkeling van die leiers van môre met u te deel. Ons wil u oortuig om deur middel van finansiële hulpverlening en ondersteuning met oorgawe by hierdie proses betrokke te raak.

Indien u graag betrokke wil raak by Hoërskool Centurion se fondsinsamelingsprojekte is u welkom om me. K. Roux by bemarking@hscenturion.co.za te kontak om vir u meer inligting rakende dit te bied.