Sport

Akrobaat

Melindie het die naweek van 14 – 16 Sept '12 aan die 'American Dance Awards' in Sun City deelgeneem.  Die beoordelaars was Amerikaners, wat ook werkswinkels aangebied het in verskillende dans soorte.

Melindie het 'n duet gedans saam met Lee Ann Davis –  gr 3 in Louis Leipoldt. Hulle het elk 'n goue medalje (90-95%) ontvang en 'n spesiale toekenning gekry :  Die beoordelaar se kommentaar was, dat sy gewag het vir so 'n item! Waar hul so sterk aanvoeling vir mekaar het, die manier hoe Melindie sagkuns vir Lee Ann optel en neersit – sodat sy onverstoord verder kan dans – of sy in die lug is of op die grond. Kostuums was uitsonderlik.

Sy het 'n 'High silver' medalje (85-90%) ontvang vir haar solo.


  
Edele en Melindie het die 8e Sept aan die SA Akrobaat kampioenskappe deelgeneem.  Albei het uitsekend gevaar.  Baie geluk!!!

4 meisies het 18 Augustus deelgeneem aan die Gauteng Noord Kampioenskappe vir akrobaat. 

vlnr Amanita, Edelè, Melindie en Bernadin.

Al 4 het hul Gauteng Noord kleure verwerf in hul onderskeie vlakke.  Baie geluk girls!!!