Sport

Gholf 2011

Die 2011 seisoen begin met die strawwe NuPower-reeks wat elke jaar na die Aprilvakansie by Zebula Lodge plaasvind.

Ons eerste span, bestaande uit Ruan Coetzer, Jacques Venter, Ruan Bronkhorst en Pieter Coetzer, lê na die eerste dag van die IPS-kompetisie in die agtste posisie.

In die derde kwartaal word die Gauteng-Noord Hoërskole gholfliga met twee in die eerste en tweede liga beslis.  Die eerste span verloor teen Cornwall Hill en deel die wedstryd teen Oos-Moot, maar kwalifiseer nie vir die uitspeelrondtes nie.  Die tweede span val ook vas in hulle eerste twee wedstryde en kwalifiseer ook nie.

Dankie aan elke speler vir sy bydrae, getrouheid en gholfetiket.  Deelname en genot is die belangrikste in enige sport.

‘n Woord van dank aan ons borg vir hulle finansiële bydrae tydens die NuPower-reeks.  Dankie vir die ouers wat altyd bereid was om te help met die vervoer.

Ons hoop en glo dat 2012 vir ‘n ‘n beter jaar agter die wit balletjie aan, sal wees!