Algemeen

Gholfdag op 20 Augustus 2012 – Zwartkop-gholfbaan

Gholfdag:

Baie dankie vir almal se bydrae wat van ons gholfdag so ‘n reusesukses gemaak het.  ‘n Spesiale dankie aan mnr. Johan Nieuwenhuizen en me. Lindie van der Watt wat die gholfdag help reël het.


Die gholfkomitee, ouers, onderwysers en leerders bedryf vele fondsinsamelings-projekte om ons sport en buitekurrikulêre fasiliteite op te gradeer en te onderhou.

Ons kan u verseker dat hierdie gholfdag goed georganiseerd en definitief waarde vir u geld sal wees.  U as borg kan gerus van hierdie geleentheid gebruik maak om u kliënte te onthaal.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid om u produkte bekend te stel en te bemark deur die skenk van pryse, geskenkbewyse of een van die verskeidenheid sakpas borgskappe wat as pryse vir spelers op die dag kan dien.  Erkenning sal op die program aan alle borge gegee word.

Graag wil ons die ouers ook vra vir skenkings, byvoorbeeld ‘n bottel wyn, wat na afloop van die setkompetisie op die oefensetperk gewen kan word.

Die formaat vir die dag sal wees:  Vierbal beter bal

Let wel:  Gholfkarretjies is teen R240 per karretjie beskikbaar en moet vooraf bespreek en betaal word saam met u inskrywingsvorm.  (Daar is slegs 40 karretjies beskikbaar.)

Voorgee:  Amptelik of maksimum – mans 18 en dames 24.

Vir meer inligting skakel:

Fanie Nieuwenhuizen – 0833200992
Lindi van der Watt – 0827738936
Francois Steyn – 0832795614