Elke voornemende gr. 8-leerder wonder elke jaar watter skool die regte en beste skool is om hul alma mater te maak.
Hoërskool Centurion wil die keuse vir jou makliker maak, want by ons ontwikkel ons nie net leerders op akademiese gebied, kultuurgebied of om die beste volwassene moontlik na skool te wees nie, maar ons ontwikkel jou tot die beste moontlike sportheld wat jy kan word.
Elke leerder se ontwikkeling is vir ons van kardinale belang. Daarom het ons ’n gimnasium waar die beste personeel aangestel is om ons leerders te kondisioneer. Die personeel is gekwalifiseerd om te help met programme uitwerk vir alle sporte en om elke leerder by te staan met sy/haar spesifieke behoeftes.
Kondisionering vind nie net in die gimnasium plaas nie, maar word ook buite op die velde of bane geïnkorporeer.
Balvaardighede en motoriese vaardighede speel ’n baie belangrike rol in elke leerder se voorbereiding vir sport. By Hoërskool Centurion glo ons in sportspesifieke vaardighede. Ons top afrigters weet presies hoe om die leerders vir elke fase van hulle ontwikkeling voor te berei.
Ons kry ook deur die jaar spesialiste in verskillende sportsoorte om ekstra hulp aan leerders te bied. Daar word ook klinieke/toere bygewoon vir die onderskeie sportsoorte wat by die skool aangebied word.
Die afrigters doen ook gereeld kursusse om hulself op hoogte te hou van die nuutste afrigtingstegnieke en woon reëlbesprekings by om te verseker dat leerders op die regte manier afgerig word.
Hoërskool Centurion nooi daarom elke gr. 7-leerder uit om deel te word van ons puik skool. Elke sportsoort se oefentye vir die derde en vierde kwartaal sal op 21 Junie op sosiale media en op ons webwerf beskikbaar wees.
Kom ontwikkel jouself tot jou volle potensiaal en word saam met ons ’n wenner.
Hoërskool Centurion staan bekend as die familieskool waar daar na elke leerder omgesien word, maar is ook die skool vir geleenthede. Gee ons die geleentheid om jou tot jou volle potensiaal te ontwikkel.
Word ’n Woerie – wees ’n wenner!
WAARNEMENDE HOOF
Die GDO-inskrywings word later in die jaar ook gedoen, waar ons met ywer die ouers met die proses sal help.
Ons is trots daarop dat ons as skool nie ontgroening aan die leerders toegee nie, maar eerder oriëntering aan elke nuwe leerder bied, om sodoende beter by die skool se aktiwiteite en alledaagse gebeure te kan aanpas. Gedurende oriëntering word die leerders aan alle aspekte van die skool blootgestel en dit gaan ook gepaard met ‘n gaad 8-kamp, waar leerders mekaar en die skool beter kan leer ken.
HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. A. Labuschagne ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.
Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Labuschagne bespreek en voltooi.
NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:
Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Labuschagne met u aankoms.
Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. A. Labuschagne by registrasie@hscenturion.co.za.
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. A. Labuschagne ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.