Leerderontwikkeling (2)

LEERDERONTWIKKELING BY HOËRSKOOL CENTURION

Hier by Hoërskool Centurion verstaan ons dat leerders nie net ‘n graad 12-sertifikaat nodig het om die lewe buite die skool aan te durf nie. Hulle is deel van ‘n massa wat by universiteteite en ander tersiêre instansies aansoek doen. Baie van hierdie instansies is gedeeltelik of voltyds met afstandsonderrig besig. Ons kinders se wêreld is soveel anders as tien jaar terug se matrikulante s’n. 

 

Daarom het ons die behoefte gesien om ons leerders toe te rus om aanpasbaar en kreatief in hierdie veranderende wêreld te wees. Ons het ‘n unieke program vir elke graadgroep. Ons maak gebruik van ‘n eksterne organisasie “School of Leadership Africa” wat ons leerders by die skool besoek.  

 

Die program lyk soos volg: 

 

  • Graad 8: Posisie – Waar is ek en waarheen wil ek gaan? 
  • Graad 9: Toestemming – Gee jouself toestemming om nuwe goed te probeer. Maak jouself vas aan ‘n taak. “As ek begin, maak ek klaar.” 
  • Graad 10: Produksie – Die saad is in graad 8 en 9 geplant. In graad 10 moet daar nou vrug wees. Daar is nuwe vakke vir graad 10 gekies. Die leerder verstaan hom/haarself nou ‘n bietjie beter. Nou kyk ons waar klein verstellings gemaak moet word. Waarmee is ek tevrede en waar moet ek aanpas? 
  • Graad 11: Ontwikkeling van mense – Die groep beweeg nou in ‘n posisie van leierskap in. Hulle voorbeeld word raakgesien. Is ek tevrede met die voorbeeld wat ek stel? Is ek tevrede met hoe ek myself lei? 
  • Graad 12: Toppunt – Hoe sluit ek my graad 12-jaar goed af? Waar moet ek dankie sê en waar moet ek om verskoning vra? Wat het ek geword? Hoe vorm ek wie ek is en hoe pas ek aan? Omdat ek ouer is en myself beter ken, kan ek makliker by uitdagings aanpas. 

 

Ons doen ook spesiaal moeite met ons graad 8- en graad 10-leerders deur hulle op ‘n kamp te vat. Ons graad 8-kamp fokus op ‘n nuwe begin. Wie is ek en waarheen is ek op pad? Die leerders word ook aan ons skool se unieke kultuur en die waardes wat hierdie kultuur dryf, bekendgestel. Groepskohesie is van kardinale belang, so die leerders spandeer ook baie tyd om mekaar, maar ook hulle graad 12-leiers beter te leer ken. Hierdie verhouding speel ‘n belangrike rol in die vaslegging van die Woerie-kultuur. 

 

Op die graad 10-kamp word die leerders as toekomstige leiers in die skool voorberei. Daar word gefokus op persoonlike ontwikkeling, waar moet ek aanpassings maak in my pad, groepskohesie, wat die groep se unieke karakter is en wat hulle vir die skool na matriek agterlaat. 

 

 

 

Daar is ook ‘n spesiale fokus op ons VLR en graad 12-leerlingraad. Emosionele intelligensie, konflikhantering, leierskap en goeie bestuur is van die onderwerpe waarop ons fokus. Ons sportkapteine word aan dieselfde opleiding onderwerp. 

 

Soos u kan sien, doen ons spesiale moeite om u kind by Hoërskool Centurion te akkommodeer. U sal nie ‘n fout maak deur u kind by ons in te skryf nie. 

Gr. 8’s van 2025

Die GDO-inskrywings word later in die jaar ook gedoen, waar ons met ywer die ouers met die proses sal help.

Ons is trots daarop dat ons as skool nie ontgroening aan die leerders toegee nie, maar eerder oriëntering aan elke nuwe leerder bied, om sodoende beter by die skool se aktiwiteite en alledaagse gebeure te kan aanpas. Gedurende oriëntering word die leerders aan alle aspekte van die skool blootgestel en dit gaan ook gepaard met ‘n gaad 8-kamp, waar leerders mekaar en die skool beter kan leer ken.

Ons inskrywingsproses:

 

HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:

Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. A. Labuschagne ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.

 

Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Labuschagne bespreek en voltooi.

 

NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:

  1. Vul die vorm aanlyn in.
  2. “Save” die vorm op u rekenaar.
  3. Stuur die vorm per e-pos as ‘n “attachment” na registrasie@hscenturion.co.za

Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Labuschagne met u aankoms.

HOëRSKOOL CENTURION - INSKRYWINGSVORm

Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. A. Labuschagne by registrasie@hscenturion.co.za.

GRAAD 8 - INLIGTING

Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. A. Labuschagne ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.

Hoerskool Centurion icon
OORSIG
AKADEMIE
SPORT
Hoerskool Centurion icon
KULTUUR
Hoerskool Centurion icon
BEMARKING
Hoerskool Centurion icon
SOSIAAL
Hoerskool Centurion icon
NUWE WOERIES
Hoerskool Centurion icon
ALUMNI
Hoerskool Centurion icon
D6 Connect
Hoerskool Centurion icon
E-pos
Hoerskool Centurion icon
Whatsapp
Hoerskool Centurion icon
Facebook
Hoerskool Centurion icon
Instagram
Hoerskool Centurion icon
YouTube

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

 

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

 

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.