Ons wil graag vir ons rugbyspanne wat Saterdag by HTS John Vorster gespeel het , gelukwens met uitnemende spel. Baie geluk aan elke speler, afrigter, ouer en toeskouer wat die dag onvergeetlik gemaak het.

Die eerstespan rugbywedstryd word vandag uitgesaai (Maandag, 5 Junie)  vanaf 15:30 op kykNET, kanaal 145. Hoogtepunte van al die wedstryde word op Woensdag, 7 Junie vanaf 15:30 op kykNET, kanaal 145, uitgesaai. Die Virseker Beker geselsprogram het onderhoude gevoer met van ons afrigters en organiseerders en sal op Donderdag, 8 Junie om 15:30 op kykNET, kanaal 145, uitgesaai word.