Sport

Hokkie-voorseisoenvoorbereiding

Die hokkie voorseisoenvoorbereiding begin volgende week met die eerste

span-oefengroep.  Hulle oefen twee keer per week saam met hulle afrigters en hulle gaan ook ‘n fiksheidsessies en gimnasiumsessies saam met Zelda Lamprecht bywoon om hulle vir die 2013-seisoen voor te berei.  Voorseisoen- oefening vir die ander ouderdomsgroepe sal ook volgende week ‘n aanvang neem, so stof solank jou hokkiestok af, die afrigters sal in die week met jou tye finaliseer.  Ons voorseisoenoefening word in ouderdomsgroepe opgedeel om spesialis- voorbereiding te bewerkstellig.  Alle voorseisoenoefeninge vind plaas onder leiding van ons eie spesialis, Kim Hubach.

Ons het ook met spesialisoefening met van die speelsters begin.  Dit behels vaardigheidsontwikkeling, asook “drag flick”-oefening vir van die eerste span van 2013 dogters.   Ons nooi almal van ander oudersdomsgroepe wat belangstel om te leer “drag flick” om na die sportkantoor toe te kom om ‘n reëling vir oefentye te tref.  Die “drag flick”-oefeninge word ook  deur Kim Hubach gelei, wat eerstehandse ervaring het as een van die dames wat “drag flick” vir ons nasionale vrouespan.  Daar sal ook oefenprogramme in die sportkantoor beskikbaar wees, as jy jou vaardighede gedurende die Desembervakansie wil verbeter.

Die skool is nou in die laaste fase om ons mini-astro klaar te bou en dan sal ons daarop begin oefen en voorberei vir die 2013-seisoen.

Ons het ook nog deurentyd ons Woerie welpie-akademie op ‘n Vrydag- middag van 14:00–15:30 vir laerskoolspelers.  Die akademie het hierdie jaar bewys dat dit ‘n groot voordeel vir ons skool se hokkie inhou met ons O/14- dogters wat die algehele liga gewen het.  As julle boeties of sussies in die laerskool het wat by hierdie geleentheid wil inskakel, kontak gerus vir Kim Hubach in die sportkantoor.