FASILITEITE

10 uit 10 Skoolboekwinkel.

Vir alle skryfbehoeftes en handboeke.

Telefoonnommer: (012) 664 3560

Ons wil graag hê elke Woerie moet die regte skooldrag besit. Ons het dus by die klerebank tweedehandse klere teen billike pryse beskikbaar op die skoolgronde beskikbaar.

Die klerebank is op Maandae vanaf 13:30 tot 14:30 en Donderdae vanaf 16:00 tot 17:00 oop. 

Die klerebank sal ook op afspraak oop wees.

Kontak gerus vir me. R. Heyns by r.heyns@hscenturion.co.za vir enige klerebehoeftes.

Ons verwelkom Reef Caterers by ons skool as die nuwe snoepiebestuur.

Met hierdie nuwe verwikkeling gaan Reef Caterers dit selfs ook vir leerders moontlik maak om van ‘n skakel gebruik te maak om kos en lekkernye te bestel wat die gewag in lang rye gaan verminder.

Binne- en buite fasiliteite (na ure)

Groep- en individuele afrigting

Maandae – Vrydae: 06:00 – 07:00; 13:00 – 20:00 (Saterdae 06:00 – 15:00).

Ouderdom 5 jaar tot senior vlak

Oudiovisuele afrigting.

Beskik oor 3 binnehuisnette, 2 sintetiese nette asook 6 turfnette.

Kontakinligting:

Mnr. S. Bongers – 083 3779 986 ; shawnbongers@gmail.com

Facebook-blad – Excellentiam Cricket Academy

Go Fit spesialiseer in fiksheid en sportkondisionering. Ons personeel is aktief en vol energie om jou te help om jou sportdoelwitte te bereik. Persone van ALLE ouderdomme is welkom in ons gimnasium. Ons het verskillende oefenprogramme vir enige doelwit – of dit nou sport is of net gewigsverlies.

Fasiliteite en dienste:

  • Volledige toegeruste gimnasium (Kettlebells, Barbells, Dumbbells, oefenapparaat en vele meer)
  • Aantrekkamers met stortgeriewe
  • Bootcamp-klasse – Maandag tot Vrydag: 06:00, 07:00, 08:00, 17:00, 18:00
  • Mommy Madness-klasse (vir al die huisvrouens wat ‘n bietjie wil oefen en uit die huis wil kom) Maandag – Vrydag: 08:00-08:45, 09:00-09:45
  • Sportspesifieke oefenprogramme (hokkie, landloop, atletiek, rugby, sokker, netbal, ens.) Toets en evaluering

Hoërskool Centurion beskik oor sewe laboratoriums. Elke laboratorium is toegeken aan ‘n personeellid wat die onderskeie vakke aanbied. 

Vanaf graad 8 word klasse daar aangebied asook praktiese werk deur die leerders gedoen en demonstrasies van eksperimente waargeneem. Elke laboratorium beskik oor agt werkstafels waar leerders in groepe van 4 tot 6 saamwerk.

Leerders werk slegs met nie-gevaarlike chemikalieë. Sekere duur apparaat word ook net vir demonstrasies aangewend. In Lewenswetenskappe en Natuurwetenskappe word lewende plant- en diermateriaal vir disseksie aangekoop.

Die dinamiese dubbelmedium musiekakademie is bekend vir sy goed toegeruste musieklokale. 

Hier kan enige een wat belangstel deur hoogs gekwalifiseerde, kreatiewe en passievolle mentors onderrig word om ‘n instrument te bespeel. 

Die instrumente wat aangebied word, sluit in: klavier, klawerbord, dwarsfluit, fife, piccolo, blokfluit, viool en kitaar. Klas in musiekteorie, harmonie, komposisietegnieke, musiekgeskiedenis en musiekwaardering word ook aangebied. 

Leerders word die geleentheid gegee om in te skryf vir kompetisies, kunstefeeste asook musiekeksamens by instansies soos Unisa, Trinity en Royal Schools.

Daar kan egter ook net gespeel word vir eie plesier en ‘n leerder hoef nie by enige van die bogenoemde betrokke te wees nie.

Voorspeel-geleenthede en konserte word jaarliks aangebied, maar is nie verpligtend nie.

Instrumente om te huur is beskikbaar indien leerders eers die instrument wil probeer voordat hulle self een aankoop.

Ons doelwit is om die inherente potensiaal van elke leerder so goed as moontlik te laat realiseer. Die liefde vir musiek en die genot om te speel, word nagestreef. 

Onderrig word volgens die behoefte en vermoëns van elke individu aangepas, hetsy op eksamenvlak of as genotvolle vryetydsaktiwiteit. ‘n Algemeen vormende estetiese opvoeding en uitkyk word ook gestimuleer.

Vir verdere inligting kontak:
Me. Elke kloppers by 0832972633
Me. Elsie Potgieter by 0839837977

Bespreek ons splinternuwe astro – dis perfek vir hokkie!

Ons astroveld bekik oor ‘n topgehalte sintetiese oppervlak – spesiaal ontwerp vir ‘n vinnige en akkurate hokkiespel.

Waarom ons astro bespreek? Topgehalte sintetiese oppervlak – spesiaal ontwerp vir ‘n vinnige en akkurate hokkiespel.

Dis dag en nag beskikbaar met uitstekende beligting vir aandwedstryde en -oefeninge. ‘n Gerieflike ligging en veilige parkering bied maklike toegang vir spanne en toeskouers. Dis ideaal vir skole, klubs en afrigtingsessies – perfek vir vriendskaplike wedstryde en professionele ontwikkeling.

Moet dit nie misloop nie! Kontak me. B. Pienaar gerus vir verdere inligting. b.pienaar@hscenturion.co.za

ASTRO-SKEDULE

 
KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika