Hoe om aansoek te doen:

Stap 1

Registreer ’n ouerprofiel op die GDO aanlyn toelatingsportaal.

Stap 2

Voeg jou huisadres en/of werksadres korrek by.

Stap 3

Registreer jou kind se besonderhede.

Stap 4

Kies Hoërskool Centurion as een van jou skoolkeuses.

Stap 5

Dien alle nodige dokumente in — óf aanlyn op die GDO-stelsel, óf direk by die gekose skool. Dokumente hoef nie op beide plekke ingedien te word nie.

Stap 6

Wag vir SMS- en/of e-poskommunikasie vanaf die GDO rakende plasing.

Dokumente wat benodig word:

OUER/VOOG

ID dokument of paspoort
Bewys van woonadres
Bewys van werksadres (indien van toepassing)

LEERDER

Geboortesertifikaat / paspoort
Nuutste skoolrapport

Belangrik om te weet:

Tydlyn

Gebeurtenis Datum
Aansoeke open
Julie 2026
Aansoeke sluit
Augustus 2026
Plasings begin
September 2026

Aansoeke

Aansoeke werk NIE op ’n “eerstekomeerstekry”basis nie.
Plasing word bepaal volgens:

Voergebiedafstand vanaf die skool.
Beskikbare plekke.
Toelatingskriteria van die GDO.

Algemene Vrae

Moet ek op die eerste dag aansoek doen?

Nee. Aansoeke word nie volgens tyd van indiening geprosesseer nie.

Kan ek van my selfoon af aansoek doen?

Ja.

Kan ek by meer as een skool aansoek doen?

Ja. Ouers kan by tot by 5 skole aansoek doen.

Wat gebeur as ek sukkel met die stelsel?

Kontak die skool of die GDO vir hulp.

Wat gebeur as ek nie dokumente oplaai nie?

U aansoek kan onvolledig wees en plasing beïnvloed.

Wanneer ontvang ek terugvoer?

Ouers ontvang gewoonlik SMS-opdaterings vanaf die GDO.

Benodig u hulp?

HOEKOM DIE WOERIES?

By Hoërskool Centurion bou ons nie net kennis nie – ons kweek nuuskierigheid, selfvertroue en akademiese uitnemendheid.

  • Uitsonderlike akademiese prestasies
  • Toegewyde onderwysers en persoonlike begeleiding
  • ’n Omgewing waar elke leerder se potensiaal gekoester word
     
KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika