Hoërskool Centurion spog met ’n trotse kriekettradisie en ’n program wat jaarliks uitstekende resultate lewer. Ons beskik oor topklas fasiliteite, waaronder vier binnenshuise sintetiese nette, agt turfnette, ses kolfblaaie op die hoofveld en twee kolfblaaie op die B-veld. Die krieketklubhuis is volledig toegerus met kleedkamers vir beide tuis- en besoekende spanne en daar is ’n elektroniese telbord wat wedstryde professioneel ondersteun.
Ons krieketorganiseerder, mnr. Juanré van Wyk, het sewe jaar eersteklas krieket gespeel en is al vier jaar by die Titans-spanne betrokke. Hy, saam met mnr. Francois van Staden, het in 2024 verskeie Titans-spanne afgerig en dra tot die ontwikkeling van talentvolle jong spelers by.
Ons is ook trots op ons oudleerders wat hulle merk op nasionale vlak gemaak het. Shaun von Berg en Duanne Olivier het albei hulle buiging vir die Proteas gemaak, terwyl Charl Prinsloo in 2024 vir die SA o. 19-Colts-span gekies is. Nog ’n merkwaardige oud-Woerie, Lauren Agenbag, is ‘n internasionale skeidsregter en die eerste vrou in Suid-Afrika wat tot die eersteklas skeidsregterspaneel toegevoeg is. Sy het, onder andere, tydens die T20-Wêreldbeker vir vroue in Australië opgetree.
Ons krieketspelers kry ook jaarliks die geleentheid om Kaap toe te toer as deel van hulle voorbereiding. In 2020 is beide ons eerste span en o. 15A-span as die algehele wenners van die Finsbury Superliga gekroon. By Hoërskool Centurion glo ons in die ontwikkeling van talent, uitstekende afrigting en die skep van ’n platform vir spelers om hul volle potensiaal te bereik – op en van die veld.
Liga Naaswenner
Noordvaal naaswenner
Kalahari krieket toernooi wenners
Morne Prinsloo Titan o.17 span
Mnr. J. van Wyk
j.vanwyk@hscenturion.co.za
+27 12 66 45 803
info@hscenturion.co.za
Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00
Vrydag: 07:00 – 14:00
Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika