WOERIE-OMGEE

By ons skool glo ons dat elke leerder die kans verdien om te floreer. Die doel van ons Woerie-omgeeprojek is om na leerders en gesinne in ons skoolgemeenskap uit te reik wat dit die nodigste het. Deur vrywillige donasies en ons Liefdadigheidsfonds, poog ons om in die basiese behoeftes van ons Woeries te voorsien.

Vertroulikheid en ondersteuning

Ons verstaan dat dit moeilik kan wees om hulp te vra. Daarom word alle aansoeke en inligting met die hoogste mate van diskresie en sensitiwiteit hanteer.

Hoe kan jy help?

Ons weet dat ons ouers groot harte het. As jy wonder waar jou bydrae die grootste impak sal maak, is hierdie die fokusareas wat ons geïdentifiseer het:

  • Kospakkies vir pouse: Geen kind kan met ’n leë maag leer nie. Ons voorsien daagliks kospakkies aan leerders tydens skoolure.
  • Skool- en sportklere: Ons bou graag ons tweedehandse klerebank uit. Skenk asseblief skoon, heel skool- of sportklere en -toerusting by die ontvangskantoor.
  • Kruideniersware vir ons gesinne
    Ons is deurlopend op soek na nie-bederfbare voedsel, toiletware en skoonmaakmiddels om  gesinne te help.
  • Finansiële bydraes: Kontantdonasies word aangewend om bogenoemde items aan te koop of om Spar-koepons vir behoeftige gesinne te borg.

Elke klein bydrae maak ’n reuseverskil in ’n kind se skooldag.

Vir meer inligting kontak l.havenga@hscenturion.co.za of r.heyns@hscenturion.co.za gerus.

Dankie vir die oorweldigende positiewe reaksie wat ons tot op hede reeds van baie van ons ouers ontvang het. Inbetalings kan gedoen word by:

Hoërskool Centurion

Standard Bank

Takkode: 012645

Rekeningno.: 012357499

Verwysing: 0955001/Algemene Liefdadigheidsfonds.

 

BLOEDSKENK

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) en die Woeries stap al ‘n lang pad saam.  Ons is al die laaste twee dekades besig om saam met die SANBS die gemeenskap te dien.  Die skool bied kwartaalliks aan die SANBS die geleentheid om by ons te kom tent opslaan en bloed te tap. Dit is die Woeries se doel om elke jaar ten minste 250 eenhede bloed te skenk wat dan tot 750 lewens kan red.

Ons maak ook op bloedskenkdae die skool oop vir die publiek, ouers en vriende van die leerders om almal die geleentheid te bied om hulle deel te doen. Skenkers moet minstens 50kg weeg en 16 jaar of ouer wees.

Dit is vir die Woeries belangrik om die gemeenskap te dien waar ons kan. Op hierdie manier kan ons die groter gemeenskap asook die departement van gesondheid ondersteun en ‘n verskil maak soos net die Woeries kan.

Vir meer inligting kontak:

Me. C. van Vollenhoven: c.vvollenhoven@hscenturion.co.za

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika