NETBAL

Netbal is ’n trotse en gevestigde sport by Hoërskool Centurion. Ons beskik oor A-, B- en C-spanne, en elke span speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van ons spelers en die groei van die sport by ons skool.

Ons A-spanne neem jaarliks aan die Waterkloof Fees deel, waar hulle uitstekende blootstelling kry en teen sterk mededinging te staan kom. Hierdie ervaring dra tot hul vaardigheidsontwikkeling en wedstrydgehardheid by.

Ons B- en C-spanne is vir ons net so belangrik. Daarom het ons as skool die B-Easter Fees begin, waar talle ander skole ons besoek om wedstryde te speel. Hierdie fees bied uitstaande blootstelling en speelgeleenthede vir ons B- en C-spanspelers, en dra by tot hul groei en selfvertroue op die baan.

Ons netbal lewer konsekwent sterk resultate:

  • In 2025 het ons eerste span en o. 17A-span na die Tshwane-uitspele deurgedring.
  • In 2024 het ons o. 16A-span aan die Tshwane-uitspele deelgeneem.
  • In 2023 het beide ons o. 14A- en o. 16A-spanne na die Tshwane-uitspele deurgedring.

Ons oefen en speel op vier weervaste netbalbane met beligting, wat ons in staat stel om deur die jaar volhoubaar en professioneel te oefen.

Hoërskool Centurion lewer jaarliks uitstekende resultate op die netbalbaan. Ons beskik oor toegewyde afrigters en passievolle spelers wat die sport met trots en dissipline beoefen.

PRESTASIES 2025

NETBALORGANISEERDER

Me. M. Fourie

m.fourie@hscenturion.co.za

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika