REVUE

As ‘n driejaarlikse produksie bied die revue by Hoërskool Centurion ‘n geleentheid om vrywillig, met koste verbonde, op professionele vlak deel van ‘n opwindende verhoogervaring te wees.

Deelname vereis geen spesifieke dans- of sangvaardighede nie.  Die geleentheid word ook geskep om deel van die sanggroep te wees of as solis op te tree.  Die tegniese en verhoogspan is ook ‘n groep leerders wat ‘n integrale en onmisbare rol in die revue speel.

Items word deur professionele choreograwe, toegewyde, entoesiastiese afrigters en baie ure se oefen geslyp tot ‘n produksie waarop elkeen trots kan wees.  Saam met professionele klankopnames van ons sanggroep, opwindende beligting en kleurvolle kostuums word dit een van die beste ervarings van elke leerder se hoërskoolloopbaan.

 

Vorige revues: Excentrique, Gig sonder briek, Contrast de Vie, Bravissimo, Asante, Mosaïqe, WOW, Illumina en Nova.

 

Ons bied in Mei 2026 ons volgende revue, Era, aan. 

Ons het 300 leerders van graad 8-12 (2026) wat vanjaar aan hierdie revue gaan deelneem. Ons sien uit om die produksie op die planke te kry!

ORGANISEERDER

Me. L. Nortjé

 

l.nortje@hscenturion.co.za

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika