LUGGEWEERSKIET

Hoërskool Centurion het in 2003 met luggeweerskyfskiet as skoolsport begin. Skuts skiet met CZ 200 T’s of MPR’e (Multipurpose rifles). Ons in 2015 met lugpistoolskiet as ‘n goedkoper alternatief vir die luggeweer begin. Pistoolskuts skiet met intreevlak Zoraki-pistole.

Kompetisies: Dit vind volgens die skietprogram, dwarsdeur die jaar plaas.

Ligakompetisies: Dit is skole wat skyfskiet as sport beoefen en dan teen mekaar by ‘n sentrale venue deelneem.

Posligakompetisies: Skole landswyd skiet kompetisie by die skool en kaarte word deur organiseerders nagesien.

SA’s: Top skuts wat aan die kriteria voldoen, word in provinsiale verband na die kompetisie genooi.

Hoërskool Centurion gespog met provinsiale en nasionale skuts en toegewyde afrigters met passie vir die sport.

ORGANISEERDER

Mnr. K. Booysen

k.booysen@hscenturion.co.za

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika