SLAAGVEREISTES

DIE SENIOR FASE (Graad 7 – 9)
  • Huistaal 50%
  • Eerste Addisionele Taal 40%
  • Wiskunde 40%
  • 3 ander vakke 40 %
  • 2 ander vakke 30%
IN DIE VOO-FASE (Graad 10-12)
  • 40% in 3 van die 7 vakke.
  • Een 40% moet die huistaal wees. 
  • 30% in 3 ander vakke.
  • ‘n Volledige SBA-portefeulje vir die agtste of negende vak.
HOËR ONDERWYSINSTANSIES

TOEGANG TOT HOËR ONDERWYSINSTANSIES

Wanneer die TPT bereken word, word al ses vakke (LO uitgesluit) uit die totale vaklys in berekening gebring.  Die prestasievlakpunte moet bymekaar getel word vir die TPT-totaal.

PRESTASIE-AANDUIDERS

Alle vakke is 20 kredietvakke, behalwe LO is ‘n 10 kredietvak.

Minimum vereistes vir SERTIFIKAATSTUDIES:
‘n NSS-matrieksertifikaat.
30% vir die taal van LoLT.

Minimum vereistes vir DIPLOMASTUDIES:
‘n NSS-matrieksertifikaat.
30% vir die taal van LoLT.
40-49% in 4 erkende NSS 20 kredietpuntvakke.

Minimum vereistes vir GRAADSTUDIES:
‘n NSS-matrieksertifikaat.
30% vir die taal van LoLT.
50-59% in 4 erkende NSS 20 kredietpuntvakke.

Addisionele vereistes:
TPT (Toelatingspuntetelling) gebruik die vlakke van die 6 beste vakke op die 7 vlak-assesseringskaal, m.a.w. 6 vakke x 7 = 42.

Prestasiepersentasie Prestasievlak Prestasiebeskrywing
80 –  100: 7: Voldoen uitmuntend

70 –  79: 6: Voldoen met meriete

60 –  69: 5: Voldoen volgens standaard

50 –  59: 4: Voldoen bevredigend

40 –  49: 3: Voldoen

30 –  39: 2: Voldoen gedeeltelik

0 –  29: 1: Nie bereik nie

UNIVERSITEIT

TOEGANG TOT UNIVERSITEIT

Al die universiteite het bepaalde fakulteitsvereistes waaraan voldoen moet word. Dit behels onder andere bepaalde minimum persentasies wat per vak vereis word.

Sommige kursusse is onderworpe aan keuring.

Ouers en leerders moet hulle deeglik vergewis van bogenoemde vereistes.

Volledige inligting met betrekking tot die toelatingsvereistes is op die onderskeie universiteite se webwerwe en in hulle prospektusse beskikbaar.

Studente moet hulle vooraf deeglik daarvan vergewis of die diploma/sertifikaat waarvoor hulle inskryf, geakkrediteer is en/of by SAQA geregistreer is en in watter mate hulle erkenning vir die betrokke kwalifikasie gaan kry.

WEBADRESSE VAN TERSIÊRE OPLEIDINGSINSTANSIES:

KONTAK

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 07:00 – 15:00

Vrydag: 07:00 – 14:00

ADRES

Selbornelaan 118

Lyttelton Manor

Gauteng

Suid-Afrika