Die “Supper Theatre” is ‘n jaarlikse kultuurinstelling by Hoërskool Centurion waar die beste kultuuritems vir die jaar gevier word. Dit is ‘n heerlike aand waar die gehoor nie net fantastiese kultuurvermaak sien nie, maar ook met hul eie piekniekmandjie kan ontspan. Al die kultuurpresteerders kry die geleentheid om hul beste items by die prestige aand te lewer. Die “Supper Theatre” is eie aan Hoërskool Centurion en trek jaarliks ‘n stampvol saal.