Die kultuurweek is ‘n platform vir al die kultuurleerders van Hoërskool Centurion om te wys waartoe hulle in staat is. Daar is vier genres waarvoor die leerders kan inskryf: sang, instrumentele items, drama en dans. Vier aande met onafhanklike, goed gekwalifiseerde beoordelaars elke aand. Die beoordelaars kies een item uit elke genre om na die “Supper Theatre” (die hoogtepunt van die week) deur te dring.
Die gehoor stem ook op hul selfone vir hul gunstelingdeelnemer in elke genre om aan die “Supper Theatre”
Die kultuurweek is ‘n wonderlike geleentheid waar die gesoute kultuurleerders nie net met hul talent kan spog nie, maar waar daar jaarliks ook hope nuwe kultuurtalent ontdek word.