Vrydag 23 Februarie was dit ons skool se voorreg om aan die A-bond interhoër deel te neem. Ons atlete het wel swaar getrek, maar die meeste van hulle het hul persoonlike bestes gelewer en meer as dit kan ons as skool nie van hul vra nie. Ons toppresteerders was Ethan Wentzel met goud in die spiesgooi seuns O/19, Savannah Combrink met goud in die spiesgooi dogters O/17, Gistelle Snyman met silwer in die spiesgooi dogters O/19, Jemma Shreiber met brons in hoogspring dogters O/17, Jana van der Merwe met brons in die 400m en 800m dogters O/17 en Wiehan Labuschagne met brons in diskus seuns O/14. Dit was ‘n spogdag waarop ons Woeries trots kan wees. ‘n Groot dankie aan ons sanggroep se ondersteuning asook mnr. D. Saayman, me. A van Rooyen en hul atletiekafrigterskorps se ure van afrigting en passie vir ons atlete.