Vanaf 2024 is jukskei deel van Hoërskool Centurion se sportaanbod. Jukskei bied die leerders die geleentheid om in ‘n kompeterende sportomgewing sosiaal te ontwikkel. Die sport bied ook die geleentheid vir leerders om op provinsiale en nasionale vlak deel te neem. Die SA Junior Kampioenskappe vind jaarliks in Kroonstad plaas en ons kan spog dat die Woeries in 2024 sowel as 2025 leerders in provinsiale spanne het. Die sport word deur seuns en dogters beoefen en leerders van onder 14 tot onder 19 kan deelneem.