Hoerskool Centurion Kommunikasie

HOE KOMMUNIKEER ONS MET U AS OUER/VOOG?

Ons wil u graag aanmoedig om op hoogte te bly van ons algemene kommunikasie, gebeure en prestasies wat by Hoërskool Centurion plaasvind

Hoerskool Centurion icon
D6 Connect
Hoerskool Centurion icon
E-pos
Hoerskool Centurion icon
Whatsapp
Hoerskool Centurion icon
Facebook
Hoerskool Centurion icon
Instagram
Hoerskool Centurion icon
YouTube

HOE KOMMUNIKEER ONS MET U AS OUER/VOOG?

Hiermee die verskillende kommunikasieplatforms waarvan u gebruik kan maak:

Maxi-nuus
Die Maxi-nuus (nuusbrief) word weekliks op ʼn Vrydag aan u per e-pos gestuur.

Om in te skryf om die weeklikse nuusbrief te ontvang, tik u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word!

 

D6 Connect
Teken gerus in om weekliks die skool se nuusbrief te ontvang.

d6 Connect vervang D6 Communicator.

Die doel van die d6 Connect “app” (toepassing) is om u toegang tot die volgende te gee:

  • U kind se punte
  • Dae afwesig
  • Oortredings
  • Kennisgewings van die skool
  • Toetsroosters en eksamenroosters
  • Afbakenings
  • Die skool se kalender met jaarprogram.

 

U kan gerus die d6 Connect toepassing op u slimfoon of tablet aflaai deur die volgende stappe te volg:
Kliek hier vir d6 Connect-toepassing
Kliek hier vir d6 Connect-webblad
Kliek hier vir Apple-toepassing
Kliek hier vir Android-toepassing.

 

Facebook
Ons nooi u graag uit om ons Facebook-bladsy te gaan “like” en “ follow” om deel te wees van die daaglikse gebeure op en rondom die Woerie–kampus. 

U kan gerus die volgende skakel volg: https://www.facebook.com/HSCEN/

Instagram
Hierdie is ʼn heerlike platform om te volg, aangesien u deel kan wees van al die gebeure deur foto’s te sien wat by byeenkomste, gebeure en funksies by die skool geneem word. U kan gerus die volgende skakel volg: https://www.instagram.com/woeriekampus/?hl=en

 

YouTube
Ons spog met ‘n splinternuwe YouTube-kanaal waar al die nuutste videomateriaal opgelaai word. U is meer as welkom om dit te besoek deur die volgende skakel te volg: https://www.youtube.com/channel/UCNM4MJJ2Jn2W8dmIZlyqM1Q

 

SMS/E-pos
Die skool sal ook op ‘n gereelde basis vir die Woerie-ouers ‘n SMS of e-pos stuur wat belangrike inligting van die skool bevat. Die databasis is opgestel volgens een ouer/voog se kontakbesonderhede wat deur die inskrywingsproses verkry is.

 

Woerie-whatsapp:
Die skool het onlangs ‘n nuwe inisiatief geloods, naamlik Woerie-whatsapp. Die skool sal vir u gerief belangrike kommunikasie en kennisgewings deur die skool se Whatsapp-lyn aan u stuur. Die Woerie-gemeenskap het ook nou die geleentheid om hulle navrae aan die skool te rig asook prestasies of nuus te deel. Die skool se Whatsapp-nommer is: 067 253 1128

 

HOE KOMMUNIKEER U MET ONS?

Nuus/Prestasies

 

Indien u enige inligting rondom prestasies en gebeure wil deel, kan u gerus vir me. C. Brink kontak.

c.brink@hscenturion.co.za  / Whatsapp: 067 253 1128

Algemene navrae

 

+27 12 66 45 803

info@hscenturion.co.za

Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00

Vrydag: 7:00 – 14:00

Tegniese navrae

 

Indien u enige navrae rondom tegniese probleme rakende ons kommunikasie platforms ondervind, kontak gerus vir mnr. M. Coetzee

m.coetzee@hscenturion.co.za

Volg ons op sosiale media…

KONTAK:

 

Selbornelaan 118
Lyttelton Manor
Gauteng
Suid-Afrika

 

+27 12 66 45 803
Maandag – Donderdag: 7:00 – 15:00
Vrydag: 7:00 – 14:00

REGISTREER:

Om te registreer vir omsendbriewe, tik asseblief u e-posadres in die onderstaande blok. ‘n E-pos ter bevestiging sal aan u gestuur word.