Kultuur

Kooruitslae

Koorkamp

Hoërskool Centurion se koor het met 55 koorlede, me. C. Kahl, me. L. van Zijl en me. E. Mitchell vanaf 30 Maart 2012 tot 1 April 2012 by die Wag-‘n-Bietjie Kampterrein net buite Pretoria gaan kamp. Dit was ‘n ongelooflike naweek van nuwe vriendskappe sluit, harde oefensessies en ‘n inlywing van nuwe koorlede. Vyf nuwe komposisies is aangeleer en van die ouer werke goed afgerond. Baie dankie aan me. Evelyn Michell wat weereens gewys het wat ‘n wonderlike koorleier sy is. Sondagoggend het oor die 100 ouers opgedaag om na ‘n uitvoering van die nuutaangeleerde werke te kom luister.  Baie dankie aan elke oupa, ouma, pa, ma, suster en broer wat ons kom ondersteun het. Die hoofleiers, stemgroepleiers sowel as twee ander toekennings is tydens die uitvoering aangekondig.  Baie geluk.


Hoofleiers van die koor van 2012:
Hoofseun:  Charl Strydom    
Hoofdogter: Elje van der Walt                    

Onderhoofseun:  Waldré Willemse
Onderhoofdogter:  Rechelle Roberts