Sport

Krieketuitslae

Johan Smit is in die Northens O/19 Provinsiale span opgeneem.  Stefan Klopper is in die Northens O/17 Provinsiale span opgeneem.  Brendon Battersea is in die Northens O/15 Provinsiale span opgeneem.

26 September 2012
O/15A wen met nege paaltjies teen Wonderboom

25 September 2012
O/14B wen met vyf paaltjies teen Dirk Posma.

24 September 2012
1C wen met eenhonderd agt en sestig lopies teen Gerrit Maritz.
1A verloor met sewentig lopies teen Affies.

22 September 2012
1B uitgereën teen Waterkloof.
1D uitgereën teen Willowridge.

20 September 2012
O/15A wen met driehonderd en twee lopies teen Zwartkop.
2B verloor met eenhonderd lopies teen Affies.

19 September 2012
2C wen met drie paaltjies teen Willowridge.

18 September 2012
15A verloor met sewe paaltjies teen Waterkloof.
14A wen met agt en dertig lopies teen Wonderboom.

17 September 2012
2A wen met een paaltjies teen Sutherland.

15 September 2012
1A wen met negentig lopies teen Eldoraigne.
1B verloor met sewe en negentig lopies teen Oos-Moot.
1C wen met sewe paaltjies teen Wilgers.

14 September 2012
1D wen met een honderd lopies teen Garsfontein.

13 September 2012
O/15A wen met twee paaltjies teen Garsfontein.
O/15B verloor met vyf en twintig lopies teen Zwartkop.

30 Augustus 2012

O/15A wen met dertien lopies teen Eldoraigne.
O/15B wen met ses paaltjies teen Garsfontein.

1 September 2012

1A wen met nege paaltjies teen Montana.

3 September 2012

2A wen met veertig lopies teen Zwartkop.
2B verloor met 30 lopies teen Waterkloof.
2C wen met negentig lopies teen Hattfield Christion School.

4 September 2012

O/14A verloor met drie en tagtig lopies teen Garsfontein.
O/14B verloor met agt paaltjies teen Menlopark.

5 September 2012

O/15B verloor met sewe en twintig lopies teen Eldoraigne.

6 September 2012

O/15A  uitgereën – Waterkloof.
O/15B  uitgereën – Affies

23 Augustus
O/15A verloor met een paaltjie teen Affies.
O/15B wen met vier paaltjies teen Midstream.

25 Augustus
1A wen met negentig lopies teen Garsfontein.
1B wen met twintig lopies teen Wonderboom.
1C verloor met honderd en sewentig lopies teen Midstream.
1D wen met ses paaltjies.

27 Augustus
2A verloor met vier paaltjies teen Waterkloof.
2B wen met vier paaltjies teen Voortrekkerhoogte.
2C wen met sewe lopies teen Curro Hazeldean.

28 Augustus
O/14A verloor met agt paaltjies teen Waterkloof.
O/14B verloor met veertig lopies teen Eldoraigne.

18-23 Augustus 2012

1A wen met 3 paaltjies teen Boys High.
1B wen met 201 lopies teen Akasia.
1C verloor met 4 paaltjies teen Hendrik Verwoerd.
1D verloor met 1 paaltjie teen Hartebeespoort.
2A verloor met 44 lopies teen Affies.
2C verloor met 9 paaltjies teen Garsfontein.
14A verloor met 5 paaltjies teen Affies.
14B verloor met 7 paaltjies teen Garsfontein.

Maandag 13 Augustus 2012
2A  – wen met 37 lopies.
2B  – wen met 60 lopies.

Dinsdag 14 Augustus 2012
O/14A – verloor met 5 paaltjies
O/14B – verloor met 4 paaltjies.

Donderdag 16 Augustus 2012
1C – wen met 2 paaltjies.

Kriekettoer:

Die afgelope vakansie het die eerste en junior krieketspanne ‘n kriekettoer na Engeland en Skotland onderneem. Na jare se fondsinsameling en maande se voorbereiding, het ons in Edinburgh (Skotland) op 20 Junie 2012 gearriveer. Die reëngode in Engeland spreek hul seënwense hierdie somer soos nooit tevore in Engeland uit nie, maar ten spyte van al die reën, het slegs een wedstryd onvoltooid geeïndig!

Die eerste span het sewe wedstryde gespeel, waarvan slegs twee teen skoolspanne was (St. Albans School net noord van Londen en St. George’s Weighbridge in Londen). Die ander vyf wedstryde was teen County Akademiespanne, wat bestaan uit voltydse krieketspelers, wat reeds uit die skool is en sommiges reeds eersteklas wedstryde op ‘n gereelde grondslag speel.

Die eerste span het al hul wedstryde gewen en hul onoorwonne rekord in die buiteland voortgesit. Die junior span het meestal teen die eerste spanne van skole gespeel en self vyf van hulle wedstryde gewen.

Die toer het in Skotland afgeskop, waar ons teen Durham gespeel het, maar in Newcastle gebly het. Daarvandaan is ons na York, Oxford, St. Albans en die laaste paar dae het ons in Londen afgesluit. Op toer het ons Murrayfield (Skotland se rugbyveld), asook die Lords-krieketveld (in Londen) besoek en ook by die gewilde Madam Tassaud (wasbeeldmuseum) ‘n draai gemaak.

Hoogtepunte van die toer was verseker toe Armand Wolmarans sy 100ste paaltjie vir die eerste span het teen Durham geneem. Hy is dit nagedoen deur Kyle Melis, wat die laaste wedstryd op toer teen Buckingham dieselfde reggekry het. Brandon Battersea het in sy laaste wedstryd ook die enigste honderdtal aangeteken en verseker dat die toer op ‘n hoogtepunt afgesluit word.

Bernhard Beukman en Keuler Breed was die eerste span se beste kolwers op die toer, met Brandon en Carl Theron, wat met die kolf in die hand vir die junior span uitgestaan het. Buiten vir Armand, wat veertien paaltjies op toer geneem het, het al die boulers hulself goed van hul taak gekwyt en die paaltjies tussen hulle gedeel. Melding moet ook gemaak word van Juan Fourie se ses paaltjies in ‘n wedstryd, wat ‘n driekuns ingesluit het! Die spanne het deeglik voorberei vir die seisoen wat voorlê en hope ondervinding in die buiteland opgedoen.

Februarie 2012
Die eerste en O/15A-spanne het beide gekwalifiseer vir die Super 18-finaal.  Die eerste span het tweede in die kompetisie geëindig en het slegs teen Waterkloof verloor.  Die O/15’s het terselfdertyd die finaal gehaal deur ook tweede in die A-afdeling te eindig.  Die eerste span speel Saterdag by Waterkloof en die O/15’s speel tuis.

Divan Jonck het voorverlede naweek teen Monument weereens 5 paaltjies platgetrek in Monnas se kolfbeurt en slegs 22 lopies prysgegee in sy 7 boulbeurte.  Dit het die eerste span gehelp om die wedstyd gemaklik op ‘n drafstap te wen.  Verlede Saterdag het ons teen Garsfontein gespeel en hulle met 10 paaltjies gewen.  Nadat ons hulle vir slegs 102 uitgeboul het, het dit ons slegs 18 beurte geneem om die telling te bereik, met Johann Smit (67*) en Keuler Breed (28*) steeds voor die paaltjies.

Brandon Battersea het dieselfde dag vir die O/15’s ‘n pragbeurt van 198 gespeel, wat gehelp het om 328/5 in 50 beurte aan te teken, waarna ons die Garsies vir slegs 92 uitgeboender het.  Dit is die tweede hoogste telling ooit in die skool se geskiedenis, nadat Stefan Kloper anderhalfjaar gelede ‘n allemintige 258 teen Wonderboom aangeteken het!

Ons wens die twee spanne alle sterkte toe met hul finaal op Saterdag.