Ons nooi jou vriendelik uit om die Opedag by te woon en ons musiekprogram van nader te kom besigtig.
Hoërskool Centurion en Musiek: ‘n Harmonieuse Verbinding.
Hier by Hoërskool Centurion beskou ons musiek nie net as ‘n vak nie, maar eerder as ‘n essensiële deel van die kurrikulum. Ons bied musiek as ‘n volwaardige vak aan, beginnende vanaf graad 8 tot graad 12. Die doel is om nie net musikale vaardighede te ontwikkel nie, maar ook ‘n dieper begrip van musiek te kweek.
Wat ons aanbied:
Marimbas: Vir die afgelope dekade het ons junior en senior Marimba-groepe nie minder as ‘n A+ by die Centurion Kunswedstryd behaal nie. Ons is trots om die toekenning vir Beste Melodiese Slagorkes by die Centurion Kunstefees te ontvang. Ons nooi jou uit om deel te word van hierdie suksesvolle tradisie!
Cantare (Koor): Word ‘n ambassadeur van ons skool as ‘n lid van die Woerie-koor. Ons verwelkom ander kore en glo dat saamsing ‘n unieke vreugde bring. Sluit aan by die Woerie-koor en ervaar die krag van musiek as ‘n gemeenskap.
Buitemuurs musiek: Klavierlesse, kitaar, klaverbord, fife, blokvluit, viool en nog meer word buitemuurs aangebied in ons musiek sentrum, volg gerus die skakel om meer uit tevind: centurionmusic.info
Waar Musiek Leef en Leer Voortduur
Hoërskool Centurion is nie net ‘n skool nie, maar ‘n gemeenskap waar musiek leef, waar talent gekoester word en waar elke leerder die geleentheid kry om te skitter. Kom ontdek die wêreld van musiek by ons Opedag en word deel van die Hoërskool Centurion Musieksentrum-familie!
VIND MEER UIT OOR ONS OPEDAG
HUIDIGE LEERDERS IN GRAAD 8 TOT 12 WAT VANAF ‘N ANDER SKOOL NA ONS TOE SKUIF:
Alle nuwe Woeries graad 8 tot graad 12 wat vanaf ‘n ander skool na ons toe skuif, kan die skool by 012 664 5803 kontak, om met mnr. D. Barnard ‘n afspraak te maak of ‘n e-pos aan hom stuur by registrasie@hscenturion.co.za.
Die proses rondom die inskrywings word dan in ‘n vergadering met mnr. Barnard bespreek en voltooi.
NUWE GRAAD 8-INSKRYWINGS:
Alternatiewelik: Laai die vorm af en druk dit uit om dit tuis in te vul en gereed te hê vir mnr. Barnard met u aankoms.
Vir navrae rakende inskrywings vir huidige graad 8 tot 12 of ons skool se aanbiedinge, kontak gerus mnr. D. Barnard by registrasie@hscenturion.co.za
Indien u enige navrae rakende nuwe graad 8-inskrywings of ons skool se aanbiedinge het, kan u gerus vir mnr. D. Barnard by: registrasie@hscenturion.co.za kontak.