Hoërskool Centurion

CLEOPATRA

Mnr. en  Mej. Hoërskool Centurion 

Cleopatra is die skool se spoggeleentheid vir die kroning van ons skool se Mnr. en Mej.  Hoërskool Centurion. Tydens hierdie formele byeenkoms kry 20 graad 11-leerders die geleentheid om hulle talente, persoonlikhede en styl gedurende die aand uit te beeld.  Hierdie funksie vind jaarliks in Augustus plaas. 

‘n Bekende kunstenaar tree as seremoniemeester op.  Gaskunstenaars wat al opgetree het, is Dewald Wasserfall, Monique, Jak de Priester, Adam, Heinz Winckler en Willem Botha. Die geleentheid word vanjaar deur Roan Ash aangebied. 

‘n Tema word jaarliks gekies waarvolgens  die leerders hulle danstalente moet uitbeeld.

Cleopatra is nie net ‘n skoonheidskompetisie nie, maar loots ook ‘n uitreik in die vorm van ‘n liefdadigheidsprojek, waardeur die Woeries  hulle hart en omgee vir hulle medemens kan bewys. 2019 – Uitreik na die DBV, 2018-Skoolskoenprojek vir kinders in Danville, 2017-teddiebere uitdeel aan siek kinders in die Unitas hospitaalkindersaal.

  • Hoofborge wat elke jaar betrokke is:  Claris @ Gerrit Pienaar, Smart Guy, Hair Impressions en Elwo Printing.  Die finaliste is verantwoordelik vir die insameling van borge as deel van die kompetisie
  • Pryse word gegee aan elke finalis.  Daar word ook toekennings gemaak vir fotogenies, persoonlikheid en debutante. 
  • Die wenners van 2019 was Rulise Badenhorst en Conrad Mouton. 
  • Die wenners van 2018 was Elani Pienaar en Alec Saunders.
  • Elani Pienaar is ook in 2019 as 1ste prinses vir die Miss High Schools-kompetisie gekroon. 
Organiseerder: 
Me. R. Heyns
r.heyns@hscenturion.co.za