Hoërskool Centurion

FOTOGRAFIEKLUB

By die fotografieklub leer jy om mooi foto’s te neem, al is dit met jou selfoon vir Instagram of met ‘n kamera vir professionele foto’s. Centurion Fotografieklub kom 2 keer per maand bymekaar, die 1ste en 3de Maandag van die maand 19:00 – 20:00 in K24.  Die eerste byeenkoms is ‘n praktiese leersessie en die tweede byeenkoms is die kompetisie-aand. Tydens die kompetisie-aand is daar ‘n ervare buite-beoordelaar, wat nie net punte gee nie, maar ook terugvoer gee op jou foto. Hierdie terugvoer is die beste leerskool. Ons probeer om 1 keer per kwartaal ‘n uitstappie te reël.   Aan die einde van die jaar wys ons die beste fotograwe van die jaar aan. Laerskoolleerlinge en ouers is ook welkom. Ons spog tans met 5 leerlinge van Laerskool Louis Leipoldt.

Die fotografieklub is geaffilieer by die PSSA (Photography Society of South Africa) waar ons aan vele wedstryde meeding teen ander skole regoor die land. Elke jaar in November, stal ons foto’s uit in Lyttelton Kunsgalery (Biblioteek) saam met Centurion Camera Club en dan ding ons mee teen Laerskool Hennopspark en Hoërskool Zwartkop. Ons neem ook deel aan die Centurion Kunstefees in Augustus wat in dieselfde Kunsgalery uitgestal word.  

Daar is ledegeld verbonde van R50 per kwartaal  vir 3 kwartale of R150 per jaar. Gelde word in die skool se rekening betaal.  Dit kan ook met kontant by die registerklas inbetaal word. Let asb. op na verwysingsnr.

Hoërskool Centurion
Standardbank
Takkode 012 645
Rekeningnr. 012 357 499
Verwysingsnr is 0155015+ Van+Voorletters (alles aanmekaar).

Datums van klubaande en Temas vir 2020

  • 3, 17 Februarie – Tema:  Storievertellling collage
  • 2, 16 Maart – Tema:  Stillere – loskey
  • 6, 20 April – Tema:  Water (in enige vorm)
  • 4, 18 Mei – Tema:  Makro-fotografie
  • 20 Julie – Tema:  Selfie
  • 3, 17 Aug – Tema:  Musiek
  • 7 Sept. – Geen kompetisie-aand vir September

Moontlike uitstappiedatums vir 2020

  • 4 April – Makrofotografie, Magaret Roberts kruietuin.
  • 25 Julie – Modelle, leer om modelle af te neem.

Prestasies van 2019

  • PSSA 15th Up & Coming Competition  (landswyd vir skoolleerlinge):  Niël Langner behaal 2de en 3de plek vir 2 van  sy foto’s en albei foto’s ontvang ‘n merietesertifikaat.
  • FAK Internasionale Ekspo:  Niël Langner wen die Gr. 10-Afdeling vir fotografie.
  • Merie Langner wen die Gr. 6-Afdeling vir fotografie.
  • Uitstalling in Lyttelton Kunsgalery:  Simoné du Preez wen die 1ste prys vir Hoërskoolleerlinge.
  • Beste fotograaf van die jaar, Hoërskool:  Niël Langner
  • Beste vordering van die jaar, Hoërskool: Yvonne Skea
  • Beste fotograaf van die jaar, Laerskool:  Duané Langner
  • Beste vordering van die jaar, Laerskool:  Mia Marais
  • Beste fotograaf van die jaar, volwassenes:  Asta de Jager
  • Beste vordering van die jaar, volwassenes:  Marozaan de Jager

Inskrywingsvorm vir fotografieklub: https://forms.gle/oF6rvJFrsC7Mg9aU6

Organiseerder:
Me. M.  Langner
fotografie@hscenturion.co.za