Hoërskool Centurion

KOOR

Ons is bevoorreg om mnr. Pieter Bezuidenhout as koorleier en begeleier te hê. Die koor oefen Dinsdae. Hoërskool Centurion se koor het meer as 80 koorlede. Die koorjaar skop elke jaar in Januarie af waarna die koorkamp en ons eie koorfees spoedig plaasvind. Ons neem jaarliks aan verskeie optredes deel en het al op TV as gevolg van ons puik koorprestasies verskyn.  Elke Woerie-koorlid is ‘n ambassadeur. Ons is trots op ons Woerie-koor en ontvang graag ander kore by ons skool. Om te sing is goed, om koor te sing is beter en om in die Woerie-koor te sing, is die heel beste! Ons koester en voed ons koor en daarom beweeg ons van krag tot krag! Kom sluit aan by die koor van Hoërskool Centurion en word deel van ons koorfamilie! 

  • Hoërskool Centurion Skoolkoor dring deur tot die finaal van SING-IN-HARMONIE 2018
  • Tydens die deelname aan die Centurion Kunstefees 2019 verwerf die Skoolkoor ‘n A++
Organiseerder: 
Me. L. van Zijl
linda@hscenturion.co.za