Hoërskool Centurion

MARIMBAS

Die marimba is ‘n perkussie-instrument wat baie ooreenkomste met die xilofoon toon, maar die marimba is net baie groter. Klank word voortgebring deur met ‘n houthamertjie op houtstawe te slaan. Ons skool beskik oor vier van die spesiale perkussie-instrumente, naamlik van die kleinste piccolo-, die sopraan-, die tenoor- en die grootste, die basmarimba. Om marimbas te speel, is regtig vir die leerders ‘n baie spesiale ervaring. Die geleentheid om saam in ‘n groep musiek te maak, geniet hulle besonder baie. 2019 was ‘n baie goeie jaar vir die marimbas.  Dit was baie harde werk en baie ure van oefening, maar op die ou end is Hoërskool Centurion se Marimba’s TOPS!

  • Centurion Kunstefees 2019- Junior Marimbas A++
  • Centurion Kunstefees 2019- Senior Marimbas A++
  • Centurion Kunstefees 2019- Junior Prestige toekenning vir Beste melodiese slagorkes.
Organiseerder: 
Me. E.M. Nothling
e.nothling@hscenturion.co.za