Hoërskool Centurion

REDENAARS

By Hoërskool Centurion is dit nie net die voëls wat die mooiste kan sing wat gehoor word nie. Ons skool is bekend vir die ontwikkeling van leerders se talente, sodat almal uiteindelik in die kollig kan wees. Dit is die rede waarom ons aan soveel as moontlik leerders die geleentheid bied om op te tree en deel te neem. Die redenaars is geen uitsondering nie! Hoërskool Centurion se redenaars neem jaarliks aan prestige geleenthede deel, naamlik die Van Huyssteens Oratorsfees, die ATKV Redenaarskompetisie, die Radikale Redenaars en die Oppie Tong Af-Redenaars. Die Woeries behaal jaarliks puik prestasies by die onderskeie kompetisies. 

Jaarliks word daar twee interne redenaarsaande gehou en die beste spreker in elke graad word aangewys:

  • Graad 8: Luché Steyn
  • Graad 9: Paul Strydom
  • Graad 10: Cara Theron
  • Graad 11: Leandri Erasmus
  • Graad 12: Karli Snyman
  • Beste junior spreker: Paul Strydom
  • Beste senior spreker: Karli Snyman

“Die woude sou baie stil gewees het as net die voëls wat mooi kan sing hulle lied sou laat hoor” – Henry van Dyke

Organiseerder:  
Me. M. van der Merwe
m.vdmerwe@hscenturion.co.za