Hoërskool Centurion

REVUE

As ‘n driejaarlikse produksie bied revue by Hoërskool Centurion ‘n geleentheid om vrywillig, met koste verbonde, op professionele vlak deel te wees van ‘n opwindende verhoogervaring.

Deelname vereis geen spesifieke dans- of sangvaardighede nie.  Die geleentheid word ook geskep om deel van die sanggroep te wees of as solis op te tree.  Die tegniese- en verhoogspan is ook ‘n groep leerders wat ‘n integrale en onmisbare rol in die revue speel.

Items word deur professionele choreograwe, toegewyde, entoesiastiese afrigters en baie ure se oefen geslyp tot ‘n produksie waarop elkeen trots kan wees.  Saam met professionele klankopnames van ons sanggroep, opwindende beligting en kleurvolle kostuums word dit een van die beste ervarings van elke leerder se hoërskoolloopbaan.

Hoërskool Centurion neem die afgelope 24 jaar al 12 keer aan Kaleidoskoop, Tshwane Jeugfees, deel.

Vorige revues: Excentrique, Gig-sonderbriek, Contrast de Vie, Bravissimo, Asante, Mosaïqe, WOW

Organiseerder: 
Me. S. Hattingh
kultuur@hscenturion.co.za