Hoërskool Centurion

SERENADE

Hierdie jaar het die Woeries nie net ‘n koor nie, maar ook ‘n ander platform waar leerders hulle liefde vir sang kan beoefen. Dit is die Serenadegroep, ‘n akapella sanggroep wat bestaan uit 20 lede en waar alle klanke slegs met stemme gemaak mag word. Die serenadegroep oefen Donderdae in die saal. Dit is regtig ‘n unieke ervaring en beoog om groot genot te verskaf. Aangesien hierdie die eerste jaar is wat die skool so ‘n groep het, gaan daar nie hierdie jaar aan kompetisies deelgeneem word nie, maar ons beplan optredes by die skool en klein geleenthede om leerders blootstelling te gee. Kom kyk op ‘n Donderdag hoe dit gedoen word en word deel van ‘n eens in ‘n leeftyd belewenis. 

Organiseerder: 
Me. I. Ligthelm
i.ligthelm@hscenturion.co.za