Hoërskool Centurion

TONEEL

Ligte, gordyne, aksie! Die Woeries spog jaarliks op die verhoog met puik toneelproduksies. Daar word elke jaar twee tonele ingeskryf om meer leerders die geleentheid te bied om hul kreatiwiteit en talente te ontwikkel. Die leerders neem elke jaar aan die ATKV-tienertoneelkompetisie deel, asook die Centurion Kunstefees, Tshwane Toneelfees en ons skool se “Supper Theatre”. Verskeie bekendes het al hul merk op die Woerie-verhoog gemaak, onder andere Karen Ferreira, Simoné Nortmann, Christi Panagio en Elzabé Zietsman.

  • 14 Toekennings is verwerf by Eldo Toneelfees.
  • Karli Snyman is as die beste ondersteunende aktrise by die Eldo Toneelfees bekroon.
  • 27 Toekennings is by ATKV Tienertoneelfees ontvang.
  • Oorskiet verwerf A+ en Die Dwaalverhaal ‘n A++ by Centurion Kunswedstryd. 
Organiseerder: 
Me. M. Parsons
m.parsons@hscenturion.co.za