Hoërskool Centurion

WOERIE-KUNSTEFEES

Die Woerie-kunstefees is ‘n platform vir al die kultuurleerders van Hoërskool Centurion om te wys waartoe hulle in staat is. Daar is vier genres waarvoor die leerders kan inskryf: sang, instrumentele items, drama en dans. Die kunstefees speel af oor twee aande met 4 onafhanklike, goed gekwalifiseerde beoordelaars elke aand. Die beoordelaars kies een item uit elke genre om deur te dring na die Supper Theatre (die hoogtepunt van die week). Die gehoor stem ook op hul selfone vir hul gunsteling deelnemer in elke genre. Die gehoor se gunstelinge word saam met die beoordelaars se gunstelinge genooi om aan die Supper Theatre deel te neem. Die kunstefees is ‘n wonderlike geleentheid waar die gesoute kultuurleerders nie net met hul talent kan spog nie, maar waar daar jaarliks ook hope nuwe kultuurtalent ontdek word. 

 

Organiseerder: 
Me. M. Parsons
marne@hscenturion.co.za