Sport

Landloop 2011

2011 was weereens ‘n besondere jaar vir ons landloopatlete.  Ankia Stols skop dié jaar met ‘n puik negende plek tydens die Suid-Afrikaanse landloopproewe.

Die landloopseisoen begin tradisioneel met die Kemptonpark prestige aflosbyeenkoms tussen al die top landloopskole in Gauteng.  Ons dogters behaal ‘n algehele tweede plek en ons skool se seuns en dogters eindig gesamentlik derde.

Tydens die Gauteng-Noord sekondêre skolelandloopliga wen ons dogters algeheel die trofee vir die derde agtereenvolgende jaar met ons senior dogters tweede en ons junior dogters eerste.  Ons senior seuns verwerf die brons medaljes.

Tydens die Gauteng-Noord ASA-Landloopkampioenskappe wen Anka Stols die senior dogters ope 6km-wedloop.  Sewentien atlete word vir die Gauteng-Noordspanne gekies wat op 17 September aan die ASA-landloopkampioenskappe te Bloemfontein deelneem. Hulle is Anka Stols, Celiané Heyns, Ulrich Paul, Wiaan Swanepoel, Anton Wantenaar, Jaco Skoonwinkel, Eunice de Villiers, Carmen Meyer, Kyle Merick, Carla van Rensburg, Kyla Wolfaardt, Sonke Bezuidenhout, Marné Mentz, Cantelee Joubert, Uzke Botha, Cobubs Nel en Philip Blignaut.

[nggallery id=30]

Woerie Welpies

Woerie Welpie web skakel