Sport

Landloop 2013

Op Woensdag, 28 Augustus 2013 was ons skool die gasheer vir die Gauteng-Noord Sekondêre Skolelandloopprysuitdelingsfunksie.  Ons atlete het puik presteer en ons senior dogterspan is as die ligawenners aangewys. Marné Mentz  (dogters O/17) en Lize Botha (dogters O/16) word as die beste atlete in hul onderskeie ouderdomsgroep aangewys.  S. Bezuidenhout, Esje Esterhuyse, Dwayne Hanekom en Matthys Lourens het brons toekennings verwerf. Ons skool het wyd lof vir ons skoon terrein, stylvolle funksie en smaaklike ete ingeoes.  Dankie aan ons hoof en elke personeellid betrokke asook elke ouer wat help opruim het.  Dankie aan ons Hemelse Vader vir Sy seën oor ons landloopatlete.

Baie geluk aan ons landloopatlete wat die seisoen puik presteer het en ons skool het die afgelope seisoen algeheel derde geëindig.  Op 24 Augustus 2013 neem ons aan die Gauteng-Noordkampioenskappe deel. 

Ons atlete het in die afgelope Woensdag by die landloopliga puik presteer. Marné Mentz wen die dogters O/17, Lize Botha die dogters O/16 en Matthys Lourens eindig derde in die seuns O/14-afdeling.  Met slegs een liga oor lê ons senior dogters algeheel eerste.  Baie geluk!

Baie geluk aan ons landloopatlete wat puik tydens die Gauteng-Noord sekondêre skole landloopliga presteer het. 

Marné Mentz wen die O/17-dogtersafdeling.

Lize Botha wen die dogters O/16-afdeling. 

Henco Schoeman wen die seuns O/17-afdeling.


Die Woerie-welpies en Centurion- landloopatlete saam met hul afrigters, mnr. Dion Saayman en prof. Jan Neser. Dié groep atlete het die vakansie hul provinsiale kleure vir landloop ontvang.


Baie geluk aan ons atlete wat puik presteer tydens die interprovinsiale landloopbyeenkoms te Rustenburg.  Lize Botha wen ‘n silwer medalje in die D O/16, Marné Mentz wen ‘n brons medalje in die D O/17 en Kylie Merrick wen ‘n brons medalje in die Dames O/21-span.

Tydens die afgelope Gauteng-Noordliga by TUT het ons landloopatlete weereens puik presteer.  Marné Mentz en Chantelee Joubert verower onderskeidelik die tweede en derde plekke in die dogters O/17-afdeling.

NuPower op 13 April 2013

Hoërskool Centurion het op Saterdag, 13 April die NuPower 4km-landloopbyeen-koms aangebied en ons atlete het puik presteer.  Die senior dogters het hul sege in die aflosse, wat die vorige dag by Eldoraigne plaasgevind het, opgevolg met ’n puik oorwinning in die 4km-spankompetisie geëindig.  Ons skool het algeheel vyfde uit  sestien skole.  Dit voorspel ‘n puik toekomstige landloopseisoen.  Ons skool het ook baie komplimente gekry vir ons skoon en netjiese terrein.  Dankie vir almal wat hierdie byeenkoms moontlik gemaak het.