Sport

Landloop 2014

Die volgende landloopatlete van ons skool het die afgelope naweek Gauteng-Noord by Atletiek Suid-Afrika se Nasionale Landloopkampioenskappe verteenwoordig.

Gr. 12 – Marné Mentz, Chantelee Joubert, Sonel Bezuidenhout, Swayne Hanekom, Estelle Louw en Henco Schoeman.
Gr. 11 – Lize Botha, Anke Nothnagel, Danie Wepener en Pieter Kok.
Gr. 10 – Yolandi de Beer.
Gr. 9   – Megan Marshall-Goodridge, Mariska Robbertse, Jason Windvogel, Matthys Lourens, Henno Koekemoer en Rievan Lombard.
Gr. 8   – Shaina Piggot, Chaan Hefferman en Reunen Esterhuyse.


Ons landloopatlete het puik tydens die Gauteng-Noord ligabyeenkoms presteer wat op Saterdag, 3 Mei 2014 by TUT gehou is.  Atlete neem aan drie ligas deel. Daarna word ‘n AGN-span gekies  wat op 7 Junie 2014 aan die interprovinsiale byeenkoms deelneem.

Met die junior dogterswedloop eindig Marné Mentz eerste, Sonica Bezuidenhout tweede en Chantelee Joubert derde.  Lize Botha eindig tweede in die dogters O/17-wedloop, Jason Windvogel eindig tweede in die seuns O/15-wedloop en Matthys Lourens derde.  Baie geluk aan al die atlete.

Ons skool het op Dinsdag, 22 April die Tuks Super 16-landloopreeks aangebied.  Ons atlete het puik presteer deurdat ons junior seuns die aflosafdeling gewen het en algeheel tweede geëindig het.  Ons senior dogters eindig tweede in die aflosafdeling asook algeheel tweede.  Ons skool eindig gesamentlik in die vyfde plek.  Baie dankie vir elke ouer se hulp en ondersteuning.  Ons dank ook ons Hemelse Vader vir sy groot seën.

Marné Mentz het op Donderdag, 13 Februarie amptelik haar Nasionale kleure by ASA ontvang vir haar deelname aan die Afrika-kampioenskappe wat op 18 Maart in Uganda plaasvind.

Marné Mentz 'n gr.12 -leerder van Hoërskool Centurion het op Donderdag, 13 Februarie amptelik haar Nasionale kleure by ASA ontvang vir haar deelname aan die Afrika-kampioenskappe wat op 18 Maart 2014 in Uganda plaasvind.

Haar afrigter is mnr. Dion Saayman wat vanaf 2006 voltyds by Hoërskool Centurion afrig. Hy is in 2011 gekies as die Nasionale afrigter vir die SA Landloopspan na die Afrika -en Wêreldlandloopkampioenskappe in Spanje. In 2009 en 2010 is hy ook aangewys as Gauteng-Noord Landloop- en Padwedlope  se afrigter van die jaar. Marne is mnr. Saayman se tiende nasionale atleet wat hy oplewer en vanaf 2006 het hy al 117 provinsiale atlete by Hoërskool Centurion afgerig.

 

ASA Nasionale landloopproewe

Baie geluk aan mnr. Dion Saayman se landloopatlete wat Saterdag, 25 Januarie puik presteer het.  In die junior dogters opewedloop verras Marné Mentz vriend en vyand en wen die 6 km- wedloop na ‘n skitterende eindpoging oor die laaste kilometer.  Sonel Bezuidenhout eindig tiende, Lize Botha elfde en Chantelee Joubert dertiende. Dis ‘n fenomenale prestasie vir vier atlete uit een skool om onder die Top 15 te eindig!

In die junior seunswedloop sorg Henco Schoeman vir ‘n puik veertiende plek en Dwayne Hanekom vir ‘n drie en twintigste plek.  Atletiek Suid-Afrika kondig eersdaags die Nasionale span aan wat aan die Afrika-Suidstreekkampioenskappe deelneem en daarna aan die Afrika-kampioenskappe in Uganda.