Die Woerie-welpie laerskole landloop- en atletiek-oefengroep by Hoёrskool Centurion het tydens die pas-afgelope AGN-landloopkampioenskappe ‘n pragtige nuwe dubbel-gazebo ingewy wat deur Momentum geborg is. Op Saterdag, 1 September 2018 het die Welpies vir die eerste keer in hulle nuwe geborgde klere by die eerste AGN-klubatletiekbyeenkoms op Pilditch deelgeneem.

Daar is sowat 32 atlete in die oefengroep. Ses atlete het ook pas Gauteng-Noordkleure vir landloop verwerf en neem Saterdag 8 September in Port Elizabeth deel aan die SA Landloopkampioenskappe. Die Woerie-welpies word deur Elize Fourie afgerig. Haar pa, Jan Neser, het die Welpie-oefengroep in 2011 by HS Centurion begin.

‘n Groot dankie aan ons borg Momentum. Sonder ons gemeenskap en besighede in ons omgewing kan ons skool nie sulke unieke geleenthede vir ons kinders skep nie.