Baie geluk aan ons atlete wat puik presteer het tydens Saterdag se AGN-liga. Rievan Lombard behaal ‘n algehele tweede plek in die Junior Seunswedloop, Marisca Robbertse ook tweede in die Junior Dogterswedloop en Jenine Neveling ‘n derde plek dogters 0/17-wedloop. Vrydagaand vind die ASICS Nagwedloop plaas wat dien as die laaste proewe vir die AGN-interprovinsiale span.