Sport

Landloop

Foto: VLNR : Wenners van die Noorvaal –aflostrofeë: Calvin Gerber, Henco Schoeman, Esje Esterhuyse, Dwayne Hanekom. Afrigter: Mnr. Dion Saayman.

Hoërskool Centurion het vir die agtste agtereenvolgende jaar aan die Noordvaal Direkteurslandloopfinaal  te Potchefstroom  deelgeneem.

Die senior seuns het die Noorvaal –aflostrofeë gewen. Ons senior dogters het algeheel derde en ons junior dogters sewende geëindig. Gesamentlik het ons vyfde in die hele kompetisie geëindig.

Daar is ook 22 van ons landloopatlete gekies wat vir die Gauteng-Noordspan na die ASA SA kampioenskappe te Potchefstroom gaan deelneem. Hulle is Sonel Bezuidenhout, Marne Mentz, Chandelee Joubert, Lize Botha, Anke Notnagel, Yolandi de Beer, Megan Marshall Goodridge, Mariska Robbertse, Carla Fourie, Kylha Wolfaardt, Kylie Merrick, Carla van Rensburg, Dwayne Hanekom, Cobus Nel, Henco Schoeman, Philip Blignaut, Danie Wepener, Este Esterhuise, Elandre Terblanche, Calvin Gerber, Matthys Lourens en Jason Windvogel.