Baie geluk aan ons skool se landloopatlete wat puik presteer het in die afgelope AGN-landloop voorseisoen. 22 atlete van ons skool is vir die Gauteng-Noord landloopspan gekies wat op 16 Junie aan die Interprovinsiale landloopbyeenkoms te Zeerust deelneem.

Dit is die tweede meeste atlete van al die hoërskole in die groter Pretoria. Dié prestasie is slegs moontlik deur toegewyde, hardwerkende atlete en ʼn ondersteunende ouergemeenskap.

Die atlete in die span is: Rievan Lombard, Thinus J.v. Rensburg, Gareth Smith, Armin Pretorius, Almero Muller, Ulrich Putter, Ronin Rybniker, Dylan van Niekerk, Lisette van Niekerk, Isabelle van Niekerk, Janine Neveling, Kara Durie, Lindi Viljoen, Jana van der Merwe, Charlene Rybniker, Clarissa Pretorius, Nadia Fourie, Danelle Vijoen, Danielle Potgieter, Louise Bruwer, Kiara Ferreira en Beate Nothnagel.