Sport

Landloopuitslae

Baie geluk aan ons landloopatlete wat die landloopseisoen goed afgesluit het met die Direkteursfinale te Nylstroom.  Ons seniorseuns eindig sesde en ons seniordogters eindig vierde uit ‘n totaal van sestien skole.


Baie geluk aan ons skool se atlete wat die afgelope naweek van 8 Augustus 2012 aan die SA landloopkampioenskappe deelgeneem het.  Ons atlete het soos volg presteer en medaljes gewen:

Jaco Schoonwinkel      –           Silwer medalje             –           Mans O/21
Lize Botha                   –           Silwer medalje             –           Dogters O/15
Marné Mentz               –           Silwer medalje             –           Dogters O/16
Eunice de Villiers        –           Goue medalje              –           Dogters O/16

Eerskomende naweek neem ons span vir die sewende agtereenvolgende jaar aan die Noordvaal-Direkteursfinale te Nylstroom deel.


Baie geluk met ons atlete se toekennings tydens die Gauteng-Noord Sekondêre Skole landloopprestige-aand.
Hul prestasies was as volg:
Lize Botha                   –           Goud
Marné Mentz               –           Silwer
Jaco Schoonwinkel      –           Brons
Kylie Merrick              –           Brons
Eunice de Villiers        –           Brons
Senior dogterspan        –           Brons

Ons skool het dertien atlete wat op 8 September 2012 aan die SA kampioenskappe te Amanzimtoti deelneem.  Sterkte aan almal.  Opregte dank aan dr. Michiel Heyns van Investmech vir die borgskap tydens die 2012-seisoen.


Baie geluk aan ons landloopatlete wat weereens puik presteer het op die afgelope Atletiek Gauteng-Noord Landloopkampioenskappe.  Lize Botha wen die dogters O/15 4km-wedloop, Marne Mentz wen die silwer medalje met die dogters O/16-wedloop en Jaco Schoonwinkel wen die brons medalje met die mans O/21 4km-wedloop.  ‘n Verdere ses atlete het top 10-plekke behaal.  Baie dankie aan ons borg Investech wat ons span geborg het.  Al ons spanne het vir die sewende jaar agtereenvolgens gekwalifiseer vir die Noordvaal-direkteursfinaal op 15 September 2012 te Nylstroom.


Ons landloopspanne is weereens na die finaal van die Direkteurstrofee in Nylstroom deur.  Die kompetisie vind plaas op 15 September 2012.  Ses atlete is uitgenooi na die merietetoekenning van GNSSL.


Baie geluk aan ons skool se landloopatlete wat die seisoen uitstekend presteer het.  Op die laaste skolelandloopliga wen Lize Botha die dogters O/15-wedloop, Marné Mentz behaal ‘n derde plek en Jaco Schoonwinkel behaal derde plek in die seuns O/19-wedloop.  Ons seuns en dogters kwalifiseer vir die sewende agtereenvolgende jaar vir die Noordvaal-direkteursfinale wat op 15 September 2012 te Nylstroom plaasvind.

Baie dankie aan ons borg Investech vir hul volgehoue ondersteuning om dit vir ons moontlik te maak om die prestasies vol te hou.


Die laaste liga vind op 8 Augustus 2012 by Hoërskool Uitsig plaas.  Ons eerste landloopspanne is:

SEUNS                                                            DOGTERS
Jaco Schoonwinkel (kaptein)               Eunice de Villiers (kaptein)
Dwayne Hanekom                               Kylie Merrick
Philip Blignaut                                     Marné Mentz
Garreth van Dyk                                  Sonel Bezuidenhout
Leonard Mogale                                   Chantelle Joubert
Cobus Nel                                            Kylha Wolfaardt
Jacques Stone                                      Carmen Meyer

Baie geluk aan Lize Botha wat die afgelope liga die dogters O/15-wedloop gewen het.


Baie geluk aan ons landloopatlete wat Woensdag tydens die Gauteng-Noord sekondêre skolelandloopliga by Zwartkop puik presteer het.  Ons senior dogterspan behaal ‘n eerste plek.  Marné Mentz behaal ‘n tweede plek in die dogters O/16- wedloop.  Lize Botha wen die dogters O/15-wedloop.  Kylie Merrick, Eunice de Villiers en Jaco Schoonwinkel behaal almal vierde plekke.  Ons dogters is tans algeheel vyfde uit agt en dertig skole en ons seuns sesde uit een en veertig skole.  Baie dankie aan Michiel Heyns van Investmech wat ons span vir die vierde jaar borg.  Ons atlete waardeer dit opreg!


Landloopliga Mei
Eunice de Villiers eindig eerste in die Dames O/21 en Carmen Meyer eindig tweede in die Dames 6 km ope.  Baie geluk.

Gauteng-Noord aandliga te TUT
Lize Botha (dogters O/16) en Eunice de Villiers (dames O/21) wen hul onderskeie wedlope.  Marne Mentz (dogters O/16 wen ‘n silwermedalje en Sonel Bezuidenhout (dogters O/16) en Carmen Meyer (dames O/21) verwerf bronsmedaljes.  

Padwedlope:
Geluk aan Gareth van Dyk wat die junior afdeling van die Wally Hayward 21km gewen het.

12 en 13 Maart
Met die atletiekseisoen in volle gang, het die NuPower-landloop ‘n aanvang geneem.  Ons senior dogters het ‘n puik algehele derde plek in die aflos sowel as die 45 km-landloop behaal.  Ons seuns en dogters saam het algeheel sesde geëindig.

14-15 Maart te Nelspruit

Die junior dogters behaal ‘n vierde plek en die junior seuns ‘n sesde plek.
Die senior dogters kom vyfde en die senior seuns vierde. 
Die skool behaal ‘n algehele vierde plek (eerste onder die Pretoria-skole).

Februarie 2012

Baie geluk aan die Kylie Merrick wat Saterdag, 18 Februarie 2012 ‘n algehele tiende plek op die Nasionale Landloopproewe te Potchefstroom in die junior dames 6 km ope behaal het.