Met groot hartseer het ons verneem van mnr. J. Barkhuizen, oudadjunkhoof, se afsterwe op Vrydag, 13 April. Mnr.J.Barkhuizen was vanaf 1992 tot en met sy aftrede in 2016 adjunkhoof by die Woeries. Sy sin vir humor, sy besonderse vermoë om te redeneer, sy uitstekende vakkennis en toewyding as afrigter laat ‘n leemte in ons gemeenskap wat nie maklik gevul kan word nie. Die Woeries gaan die gewaardeerde kollega en vriend baie mis.