Kultuur

Marimbas

Die junior en senior marimbagroepe het weereens tydens 2011 ‘n jaar “vol musiek” beleef!  Hulle het weekliks baie getrou geoefen en hul moeite is met goeie prestasies tydens hulle deelname aan Pretoria Eisteddfod en Centurion Kunstefees beloon.  Hulle het A en A+ simbole verower en baie positiewe terugvoer ontvang.

Die Marimbas word gereeld genader om by funksies en geleenthede binne, sowel as buite skoolverband op te tree.  Hulle kry baie geleenthede om op te tree en geniet dit altyd baie.