Algemeen

Matrieks : 2013-projek

Tydkapsule

As bang groentjies het ons in 2009 ons hoërskoolloopbaan begin en mettertyd ons voete gevind. Ons het onsself tot die room van die skool “opgeklits”. Vyf jaar later, met growwer baarde en brawer harte, groet ons met ‘n knop in ons keel en mooi herinneringe wat steeds bly eggo… In ons tydkapsule gaan onvergeetlike oomblikke bewaar word. Die gedagte is dat die daaropvolgende kapsules in bankie-formaat gebou sal word. Nadat  mnr. Burger en die beheerliggaam ons die groen lig gegee het, het  mnr. Johan Rohan ons tydkapsule ontwerp en gebou. Ons is reg om ons kosbare herinneringe in ons tydkapsule te bewaar!  Matrieks 2013, sien jou oor tien jaar!

 

Muur van herinnering

Gedurende die Desember 2012 het Hoërskool Centurion ‘n geliefde leerder, seun en maat verloor. Niel Erasmus, ‘n leerder van ons skool, het verlede  jaar tragies in ‘n motorfietsongeluk gesterf. ‘n Muur van herinnering is ter nagedagtenis aan Niel opgerig en word op 26 Julie 2013 ingewy. Ons dra die muur aan jou op, Niel. Mag jou lig saam met die ander Woeries wat ons ook al moes groet bly brand.

n Spesiale dank aan ons borge:

Mnr. Rudie Botes, Die Bosvelder        Mnr. Willie Erasmus
Sunrise Perfume                                   Mnr. Fanie Dreyer