Algemeen

Maxi-flits kommunikasieprogram

Kommunikasie is een van die belangrikste aspekte van ons skool.  Ons stuur gereeld e-posboodskappe aan ons ouers en ons webblad bevat ook alle nuwe inligting.  Elke Vrydag word ‘n elektroniese nuusbrief met die week se program uitgestuur en ons het ook ‘n rekenaarprogram, nl. “Maxi-flits”, in die verlede gehad.  Hierdie jaar gaan ons egter nie meer van die Maxi-flits kommunikasieprogram gebruik maak nie omrede dit duplisering van inligting is.  Ouers wat nog nie ons elektroniese nuusbrief ontvang het nie, kan net gaan registreer op ons webblad by www.hscenturion.co.za .  Indien u e-posadres verander het, kan u ook u nuwe adres op die webblad gaan registreer.