Sosiaal

Mnr en Mej Centurion

Met ‘n herwinningstema “Junk to Funk” het die Woerie-finaliste in 2011 bewys wat hulle kan uitrig met afvalmateriaal.  Pragtige modeskeppings van teesakkies, CD’s, koerante, tydskrifte ensovoorts is op die loopplank vertoon.  Hierdie tema het ons Woeries opreg bewus gemaak van die omgewing en die bewaring daarvan.  Hulle harte is aangeraak en hulle voel sterk daaroor om “groen” te lewe.

Die meisies het asemrowend gelyk in die stylvolle en elegante rokke van Gerrit Pienaar van Claris Fashion Design.  Die deftige aandpakke van Black Tie het die seuns omskep in galante here.

Die beoordelaars (Armand Hofmeyr, Kim Hubach, Maude van Heerden, Zelda Pretorius en Gerrit Pienaar) het werklik ‘n moeilike taak gehad om die wenners aan te wys.

Die wenners in die verskeie kategorieë was:

Mej. Hoërskool Centurion:  Juanelle Venter
Mnr. Hoërskool Centurion:  Brandan Hewitt
Eerste prinses:  Natasha Alberts
Tweede prinses:  Bianca Pieterse
Eerste prins:  Charl Stander
Tweede prins:  E’Duan Bosman
Mej. Persoonlikheid:  Bianka Badenhorst
Mnr. Persoonlikheid:  Michan Botes
Seunsdebutante:  E’Duan Bosman
Meisiesdebutante:  Angelique Lewis
Mej. Fotogenies:  Lené Swanepoel
Mnr. Fotogenies:  Marcques Fourie

Baie dankie aan al die borge wat die funksie so mildelik ondersteun het.

[nggallery id=13]